Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 203 of 328)

My begeerte is om God te dien, dan het ek vrede!

Skriflesing: Ex 20:17; Gal 5:13-25 
Teksvers: Gal 5:16-18 
HK Sondag 44 

‘n Rooms Katolieke Priester het eendag gesê, hy het na duisende mense geluister wat hulle sondes kom bely het, moorde, diefstal, egbreek, steel, laster ens. Hy het van al nege die eerste gebooie belydenisse van oortredings gekry, maar nooit van die tiende gebod nie. Nooit het iemand gesê: “Ek bely dat ek van verkeerde begeertes brand nie.” 

Dit is sekerlik omdat ons begeertes dikwels verborge in ons harte lê waar niemand dit kan sien nie, buiten God. Daarom dink ons ons hoef dit nie te bely nie of dit is dalk nie so erg nie. 

Ons begeerte moet daarom wees om te leef volgens die vrug van die Gees. Dit moet ons begeerte wees. 

Ons hoop is altyd op die toekoms gerig

Skriflesing: Lukas 9:51-62 
Teksvers: Lukas 9:62 

Die jaareinde het aangebreek en vir baie mense is dit ‘n groot verlig-ting. Die meeste mense sal sekerlik wil vergeet van 2020 wat die wêreld op sy kop gedraai het. Daarby lê daar nog ‘n geweldige groot onsekerheid voor ons. Wat sal tog in 2021 gebeur? Waarop sal ons hoop? Is daar vir ons ‘n toekoms? 

Niemand kan met sekerheid weet wat volgende jaar gaan gebeur nie. Dit beteken nie dat ons as gelowiges moed opgee en in sak en as gaan sit sonder enige hoop nie! Inteendeel, as van die dissipels met die Here praat oor hoe hulle Hom moet volg, dan sê Hy: Niemand wat ploeg en agtertoe kyk is geskik vir die koninkryk van God nie… 

Ons staan vanoggend stil by die tema: Ons hoop is altyd op die toekoms gerig. Amen 

Bring hulde aan die Koning

Skriflesing: Matteus 2:1-12 
Teksvers: Matteus 2:2 

‘n Stille wenk uit die sterrehemel lei wyse manne na Betlehem. Daar bring hulle vir die Koning, koninklike geskenke. Hulle geleerdheid en welstand maak hulle nie meerwaardig, as die seuntjie in die stal nie. Nederig buig hulle neer en bring aan Hom kosbare geskenke. Daar vind hulle rus vir hulle siele wat hulle geleerdheid nooit gebring het nie. Geen wonder ter wêreld kan die Wonder van God se genadegawe vervang nie. 

Die Wonder van die genade en liefde van God. Die Wonder dat die Seun van die mens na hierdie aarde kom. Hiermee was die wyse man-ne gelei deur God met ʼn ster, na die Skrifte, tot by die lewende Salig-maker. Voor hulle reis het hulle hulle verstom aan die hemelliggame. Na hulle reis is hulle verbaas en dankbaar dat die hemeldeur self oopgegaan het. 

Ons staan vanaand stil by die tema: Bring hulde aan die Koning. Amen 

« Older posts Newer posts »