Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 146 of 343)

Waar kom jou geloof vandaan?

Skriflesing: Handelinge 8:26-40
Teksvers: Handelinge 8:35-37
HK Sondag 25

Deur geloof alleen word ons gered. Dit is een van die solismes van die reformasie, Sola Fide. Die vraag is egter waar kom geloof vandaan? Wat veroorsaak dat mense glo? In hierdie merkwaardige verhaal van Filippus wat gelei word deur die Heilige Gees, sien ons die wyse waarop God Homself aan mense in besonder bekend maak deur sy Woord, en hoe die Heilige Gees deur die Woord werk.

Ons staan vervolgens stil by die gedagtes

  1. die Werkmeester,
  2. die Werkmiddel, en
  3. die Werkwyse

Laat jou opbou in die allerheiligste geloof en bid in die Heilige Gees!

Skriflesing: Judas
Teksvers: Judas vers 20-23

Die aanslag van die drie doodsvyande sal nooit ophou solank ons in hierdie lewe in die geloof bly vashou nie. Maar terselfde tyd moet ‘n mens nie net probeer oorleef nie, jy moet leef! Ten spyte van die aanslae en die verval en teenstand, moet jy opgebou word in die allerheiligste geloof en biddend bly in die Heilige Gees.

Hierdie brief van Judas kan ons ook ‘n opwekking noem vir die geloofstryd. En as ons dit so beskou, is hierdie brief ook aan u en my gerig, rakende ons gemeenskaplike geloof en saligheid in Jesus Christus waarvoor ons moet stry.

« Older posts Newer posts »