Skrywer: admin (Page 131 of 343)
Skriflesing: Genesis 37; Matteus 26:1-5; Heb 12:14,15
Teksvers: Genesis 37:18-20
HK Sondag 40
Dit sou u nogal goed doen om weer ‘n slag die hele geskiedenis van Jakob en sy vrouens en kinders te lees – Gen 28-37. In hierdie tien hoofstukke gaan dit in wese oor hoe God ten spyte van sonde sy heilige wil uitvoer en dat die bose (mens of duiwel) nie sy raadsplan kan verydel nie.
Die fokus by vanaand se prediking is egter die moord- en haat-gedagtes van die broers van Josef. In die verklaring van die sesde gebod (Son 40) gaan dit natuurlik om meer as net die daad van moord. Hier is moord sonder dat iemand doodgaan!
Hoeveel keer pleeg ons moord sonder dat iemand letterlik sterf?
Skriflesing: 2 Tes 3:1-5
Teksvers: 2 Tes 3:1
Daar is orde in die lewe. Hierdie orde moet die Woordverspreiding ondersteun en ten grondslag wees. Die Bybel moet gebruik word om die evangelie te versprei, daarom moet ons op God alleen vertrou want Hy is getrou. Hy alleen sal sy kinders bewaar en versterk om evangelisasiewerk te doen.
- Paulus vra voorbidding.
- Paulus vra voorbidding vir evangelisasie.
- Paulus vra voorbidding vir bewaring.
“God is liefde!” lees ons in 1 Joh 4:8,16. Liefde is nie ‘n eienskap van God nie, maar dit is Wie God is. Hy is totaal en al liefde. God se wese is liefde. God se liefde is egter volmaak want God is volmaak. Alles wat God doen doen Hy uit ‘n hart van liefde.
Soms het ons vrae omdat alles op aarde nie so goed en glad en mooi verloop as wat ons graag wil hê nie. Dan word daar maklik gevra: “Is dit hoe ‘n God van liefde slegte dinge toelaat?” Ons vra dit omdat ons nie God se liefde verstaan nie. Ons erken egter nie maklik dat ons nie volmaak is nie, dat ons die oorsaak is van die gemors op aarde nie. Dit is ons wat dikwels liefdeloos handel teenoor jou medemens, ja selfs teenoor jou man of vrou of kinders of familie. Steeds wil ons egter die slegte dinge voor God se deur lê asof God die bewerker is van die slegte. Tog is God se liefde in Jesus Christus alles omvattend.
Ons lees in Ef 3:17-19 dat ons liefde moet verstaan soos dit in Jesus Christus se liefde geopenbaar is. Jesus Christus het in volle gehoorsaamheid aan Sy Vader vir ons aan die kruis gesterf. Hy het ten volle betaal vir al ons oortredinge vir al ons sondes. Daarom kan ons net verstaan wat liefde werklik is as ons die versoenings-werk aan die kruis verstaan.
Nooit het God alles net goedgekeur wat die mens doen nie. Hy het ook die volk Israel gestraf vir hulle oortredinge. Hy het Homself geweldig vertoorn oor Israel se sondes en daarom is hulle in ballingskap weggevoer. God se liefde is egter so groot dat Hy barmhartigheid en genade in Christus aan ons betoon het. Hy het die Heilige Gees gestuur om ons te lei. Hy het die Woord gegee sodat ons daardeur God en sy wil kan leer ken.
Ef 3:19 “Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God.”
Ds. Gerrit