Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 123 of 343)

‘n Stem uit Efrata

Skrifgedeelte: Matteus 2:1-23
Teksvers: Matteus 2:16-18

Egipte word deur die Skrif geken as die plek van slawerny en onderdrukking. Dit is tog vreemd dat ‘n engel aan Josef verskyn en bevel om na Egipte te vlug! Die plek van onderdrukking word die plek van uitkoms en veiligheid. Uit Egipte roep God sy Seun, soos geprofeteer in Hosea 11:1.

Daarmee saam, in die vervulling van die ware Eksodus, hoor ons die droewige uitroep van die vrouens in Bethleme en Efrata, wat nie vertroos wil word nie. Ag hoe verskriklik moet dit wees, die dood van soveel klein kindertjies, net omdat die Verlosser gebore is?

Ons staan vanoggend stil, by hierdie droewige geskiedenis, nie die engelekoor of die lofsange van ‘n Messiaslied nie, maar die onvertroosde uitroepe van verdriet.

Koning versus Koning

Skriflesing: Mat. 2:1-18

Ons land het nie ‘n koning of koningshuis nie en daarom is ons begrip van die Bybelse beeld van Christus as die ‘Koning van die konings’ eintlik maar vaag. ‘n Koning is eintlik ‘n despoot of alleenheerser wat aan niemand verslag doen nie. God word verskeie kere as ‘despotes’ aangewys en dit vertaal as Here of soewerein (Eng. sovereign).

« Older posts Newer posts »