(Last updated on Februarie 28th, 2020)
GloMediaTV is ‘n internetgebaseerde TV-kanaal wat geloofsprogramme op die Reformatoriese grondslag beskikbaar stel.
Sover is die volgende programme beskikbaar:
- 50 Bybelverhale vir kleuters van 5 minute elk.
- 20 Bybellessies en sang vir kleiner kinders van 12 minute elk.
- 5 Tienerprogramme oor aktuele aangeleenthede.
- 7 Stories van Hoop waar gelowiges hul eie geloofspad deel.
- 12 Dagstukkies van 5 minute elk (wat gratis via sosiale media versprei word).
- 25 Bybelboodskappe van 12-15 minute elk.
- 10 Bybelskool-aanbiedings van 15 minute elk.
- 5 Besprekingsprogramme waar ‘n paneel van kenners oor aktuele saampraat (en verskil).
Heelwat van die programme word deur Gereformeerde predikante of lidmate gelei of aangebied.
Al bogenoemde is egter net die begin, want hiervandaan vorentoe sal meer 250 minute se kykstof per week bygevoeg word tot die platform. Daar sal ook volledige eredienste opgeneem word, kerknuus en lidmaattoerusting sal aan die orde kom en daar sal gewerk word aan ‘n kerkmusiekprogram waar Afrikaanse gemeentesang sentraal staan.
En eerskomende Sondag, 16 Februarie 2020, skop hierdie kanaal af! Gaan besoek bloot die webblad www.glomedia.tv en sien wat vir jou aangebied word.
GLOMedia.tv funksioneer as ‘n internet-gebaseerde betaalkanaal (soos Netflix) en die koste beloop R49 per maand of R550 per jaar. Oupas en oumas kan ook namens hulle kleinkinders inteken en so sorg dat die volgende geslagte opbouende videomateriaal het om na te kyk. Daar bestaan ook die opsie om selfs kinders uit mindergegoede huise te borg om toegang tot die kanaal te hê.
Enige persoon kan bloot die webblad www.glomedia.tv besoek, aanlyn inteken en so deel word van hierdie opwindende gemeenskap van gelowiges aanlyn.