Skriflesing: Psalm 30
Teksvers: Psalm 30:6
Ons lees in Spreuke 17:22 dat “‘n Vrolike mens is ‘n gesonde mens, ‘n neerslagtige mens raak uitgeput.” Wat ‘n voorreg om vreugde in die lewe te kan hê, ‘n tyd om te lag en ‘n tyd om te huil. Vanmôre weereens ‘n tyd om te lag van vreugde tot eer van God en vir nog ‘n gesin wat ons met blydskap in die gemeente welkom heet, vir ‘n belydenisaflegging, vir die doop van twee kinders. “Verbly julle in die Here!” Wat ‘n vreugde om te kan lewe. Die lewe bestaan ook nie net uit lag nie, maar daar is ook hartseer. So lees ons: “Gisteraand was daar nog trane en vanmôre lag ons weer.” Ons gaan kortliks kyk na:
- ‘n Nuwe Oorwinning – van dood tot lewe. (v1-4)
- ‘n Nuwe Dag – Van nag tot môre. (v5-6)
- ‘n Nuwe Hart – Van trots tot nederigheid. (v7-10)
- ‘n Nuwe Lied – Van rou tot vreugde. (v11-13)