Skriflesing: Lukas 10:1-24 (2020)
Teksvers: Lukas 10:20-21
Jesus gee 70 dissipels die opdrag om uit te gaan en die evangelie te verkondig. Hulle moet verkondig dat die koninkryk van die hemele naby is. Die reaksie is merkwaardig, selfs die duiwels onderwerp hulle en die dissipels is tot oorlopens toe bly.
Tog sê ons Here Jesus dit is nie iets om oor bly te wees nie. Baie maal kan ons vergeet dat ons werklik moet bly wees om die evangelie met vrede in ons huis te ontvang.
Wat maak jou bly? Waaroor jubel jy hierdie jaar? Jubel dan dat die koninkryk van die hemele naby is en mag daar vrede vir jou huis wees!