Skriflesing: 1 Korintiërs 10:1-14 (2020)
Teksvers: 1 Korintiërs 10:1-4

Die verlossing uit Egipte is nie alleen die bevryding van die volk uit die slawerny en onderdrukking van Egipte nie, daar is ook ‘n dieper geestelike betekenis van die doop en die nagmaal. Die wyse waarop die 10 plae die Egiptenare tref, en veral die duisternis en die dood van die eersgeborenes met die bloed van lammers teen die deurkosyne is baie bekend. 

Wat egter nie so duidelik is nie, is die simboliek van die wolk en die see, waardeur die Israeliete bevry word. Hier in Korintiërs verduidelik die apostel aan ons die belangrikheid van God se verlossing wat simbolies vooruit getuig van die werk van ons Verlosser, Jesus Christus, die ware Rots waaruit ons drink en in wie ons gedoop word om ons te bevry van die sonde.