Die konsep van ’n jaar van rus, soos in Levitikus 25 beskryf, vra van gelowiges om te stop, te vertrou op God, en te fokus op geestelike herstel. Dit is verstaanbaar dat gelowiges wonder oor wat dit beteken om te ‘rus’? En, hoe kan gelowiges voorberei op ‘n jaar van ‘rus’? Om geestelik te rus en te herstel beteken egter nie net ’n fisiese rus nie, maar ook ’n geleentheid vir geestelike verdieping en versoening. 

Eerstens, gelowiges moet hulle afhanklikheid van God versterk. Levitikus 25:20-22 wys hoe God belowe om in die behoeftes van sy volk te voorsien as hulle die grond in rus laat. Voorbereiding behels gebed en Bybelstudie, om daardeur te leer om in getrouheid God in alledaagse omstandighede te vertrou. 

Die Jubeljaar vra ook vir versoening en vergifnis (Deuteronomium 15:1-2). Dit bied ‘n geleentheid vir gelowiges om konflik aan te spreek, vergifnis te vra en te gee, en gebroke verhoudings herstel. 

Die jubeljaar vereis ook ‘n tyd van geestelike verdieping. 

Psalm 46:1 (53-vertaling) herinner ons: “Laat staan en weet dat Ek God is.” Gebruik die tyd om geestelike dissipline te bou deur gebed, nadenke en stil te word voor God. 

Lukas 4:18-19 wys ons ook hoe Jesus self vryheid en herstel bring – rus is ’n kans om hierdie genade te ervaar: 

Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die goeie boodskap aan arm mense te verkondig. Hy het My gestuur om vir gevangenes aan te kondig dat hulle vrygelaat sal word, en vir blindes dat hulle weer sal sien, en onderdruktes te bevry, en om die genadejaar van die Here aan te kondig”. 

Deur hierdie stappe kan gelowiges die dieper betekenis van rus ontdek: om nader aan God en naaste te beweeg terwyl hulle rus in Sy voorsiening. 

Oudl Werner Human