Skrifgedeelte: Romeine 6:1-14
Teksverse: Vers 3 en 4

Op so baie maniere word die doop verstaan en verduidelik, dat ons soms self in verwarring raak. Jesus het sonder enige twyfel die opdrag gegee dat alle dissipels gedoop moet word en geleer moet word. Wat beteken die doop werklik? Hier in Romeine word ons geleer dat die doop ‘n begrafnis is. Ons word in die dood van Jesus gedoop. Dit beteken twee dinge. 1. Jesus Christus wat sterf in ons plek, maar ook 2. ons wat saam met Christus in die sondige mens sterf met die doel dat ons saam met Hom in ‘n nuwe lewe kan opstaan en in Hom kan lewe.