Skriflesing: 1 Korintiërs 6:1-20 (2020)
Teksvers: 1 Korintiërs 6:3-4
HK: Sondag 41
Die liggaam van die mens is nie ‘n boutique van die sonde waar ons leef met die vervulling van die begeertes en behoeftes van ons alledaagse nie, maar ‘n tempel van die Heilige Gees.
In hoofstukke 5, 6 en 7 van die eerste brief aan die Korintiërs beskryf die apostel Paulus die gesindheid waarmee die gemeente leef, omdat hulle verkeerd verstaan wat hulle vryheid in Christus beteken.
Ons staan vanaand stil by die tema: Christus is ons anti-alledaagse (biotika) omdat ons heilig is vir God.