Skriflesing: Lukas 22:7-23; Eksodus 24:1-9; Levitikus 17:10-14
Teksvers: Lukas 22:20
Vandag staan bekend as palm Sondag. Dit is die dag waarop Jesus vir die laaste keer na Jerusalem sou kom.
Hy was verbied om deur die gebied van Samaria te gaan, en moes die roete van die Dekapolis neem. So het Hy as te ware die laaste Eksodustog aangedurf om die Eksodus in Jerusalem te volbring. Hier word die Pasga, die Paasfees vervul as Jesus self as Offerlam geslag word.
Ons kyk vandag na die betekenis van die beker wat Jesus moes drink, en die beker wat Hyself getuig, die Nuwe Testament in sy bloed is.