Skriflesing: Joh 15:1-8
Teksvers: Joh 15:1,8
Jesus Christus vergelyk Homself hier ’n wingerdstok. Trouens, Jesus sê: “Ek is die ware wingerdstok...” Maar daarmee saam vergelyk Jesus ons as Christene met die lote, die takke van die wingerdstok.
’n Tak kan nie uit homself leef nie, maar verkry sy voedsel van die wingerdstok. Die gevolg is dat die takke of lote moet vrugte dra. Dit is nie of ons die takke wil vrugte dra nie, hulle moet vrugte dra anders word hulle gesnoei, afgesny en mee vuur gemaak.
- God die Vader is die boer.
- Jesus Christus is die wingerdstok.
- Ons is die lote wat moet vrugte dra.