Skriflesing: 1 Tessalonisense 1:1-10 Handelinge 17:1-14
Teksvers: 1 Tessalonisense 1:3
Kort nadat Paulus en Barnabas terug gekeer het van Jerusalem oor die vraagstuk van die besnydenis by die heidene, besluit hulle om op ‘n tweede sendingreis te gaan en die nuwe gelowiges te ondersteun. Silas gaan saam met Paulus en hulle besoek weer die gemeentes in Listre, Ikonium en Derbe waar hulle Timoteus vind en saam neem.
Deur die Heilige Gees word hulle gewys om na Europa te gaan. In Filippi word die eerste gemeente in Europa gestig, waarna hulle verder reis tot in Thessalonika. Na drie weke moet hulle inderhaas vlug, en kort daarna skryf Paulus hierdie brief waarin die drie sake sommer uit die staanspoor genoem word oor die
- werk van hulle geloof
- inspanning van hulle liefde
- volharding van hulle hoop in Christus