Skriflesing: Lukas 8:40-56
Teksvers: Lukas 8:48
HK: Sondag 23

Met Sondag 22 bereik ons die einde van ons geloofsbelydenis. Die belydenis wat so presies uitgelê is oor die betekenis van elkeen van die 12 artikels keer nou terug na ons in persoon en vra: wat is die waarde van al hierdie dinge wat ons bely? Wat is die waarde van jou geloof?

Ons gaan vervolgens stilstaan by die gebeure van twee meisies wie se lewe in gevaar is agv gesondheid met die tema: Geloof red.

  1. Kan jy nog die 5 bekende solismes onthou van die reformasie? Sola Fide… ens
  2. Hoekom sal ons bely dat geloof red, as dit tog net ons Here Jesus is wat kan verlos? Hab. 2 en Romeine 1
  3. Wat beteken die woorde: geregtigheid en regverdigheid?
  4. Watter soort werke kan ons doen om onsself te red?

Laai af