Volgens die vier Evangelies en Handelinge en die Eerste brief aan die Korintiërs, het Jesus ten minste tien keer, in hierdie tyd tussen Paasfees en die Hemelvaart aan verskeie mense verskyn aan individue, aan groepe vrouens en mans, aan die dissipels en aan meer as vyf honderd mense gelyk.
Hy het verskyn aan…
- Die vrouens by die graf (Mat 28:9-11)
- Maria Magdalena (Mark 16:9-11; Joh 20:11-18)
- Die twee Emmausgangers (Mark 16:12; Luk 24:13-32)
- Petrus in Jerusalem (Luk 24:34; 1Kor 15:5)
- Aan tien dissipels (Luk 24:36-43; Joh 20:19-23)
- Elf dissipels (Joh 20:24-29; 1 Kor 15:5)
- Sewe dissipels wat in Galilea visvang (John 21:1-23)
- Elf dissipels in Galilea (Mat 28:16-20; Mark 16:14-18)
- Vyf honderd mense (1 Kor 15:6)
- Jakobus broer van Jesus Christus (1 Kor 15:7)
Jesus Christus het die mag van die prins van die wêreld verbreek. Satan het geen houvas meer oor God se kinders nie. Ons is meer as oorwinnaars. Jesus Christus is ons Koning wat die mag van Satan totaal en al vernietig het. Jesus Christus is nou ons almal wat in Hom glo se Koning. 1 Kor 15:25.
ds. Gerrit Kruger