Skriflesing: Ex 32-34
Teksvers: Ex 33:1,3,14-17
Eerder in ‘n wildernis met God as in ‘n paradys sonder God!
Hoe leef ons elke dag, met of sonder God? Is God net in die agtergrond van ons gedagtes? Ploeter ons elke dag voort in ons werk en in ons lewens? Of sien ons God in ons lewens en leef werklik tot eer van God? Moses was ‘n man van God wat in sy teenwoordigheid gelewe het elke dag. Elke dag het hy God “gesien en gehoor”. Moses wou niks doen as hy nie seker was dat God by hom en die volk is nie. Maar God is net by jou as jy in ware opregte afhanklikheid van God leef. Om in afhanklikheid te leef is om te hoor, te verstaan en in ‘n opregte gebedslewe met God te leef.
Ons gaan na drie sake kyk:
- God se opdrag: Moses trek na Kanaän.
- God se toorn: Ek trek nie saam met julle nie.
- God se genade: Goed Ek sal saamtrek.