Skriflesing: 2 Tim 1:1-18
Teksvers: 2 Tim 1:9

Die meeste van ons het van babadae van God gehoor en geleer. Die meeste van ons is onderrig en geleer in die Christelike, gereformeerde leer vanaf graad 1-11. Wat ‘n voorreg! Op die manier het ons God leer ken, sy Woord leer ken en het God die geloof aan ons geskenk. Ja sonder enigste verdienste van ons kant het God ons begenadig met geloof en liefde. Die geloof en die kennis van God en van die evangelie het, moet ons in dankbaarheid leef.

Maar nou dat ons volwasse mense is en ons God ken en belydenis van ons geloof gedoen het of nog wil doen, moet ons dapper, entoesiasties en geestelik lojaal teenoor God wees. Want om God te dien is die belangrikste en die heerlikste roeping en taak wat ons op aarde het. Daarom is die belydenis van geloof aflegging sekerlik die grootste en belangrikste gebeurtenis in elke gelowige se lewe.

2 Tim 1:9

“Hy het ons gered en ons geroep om aan Hom toegewy te wees. Dit het Hy gedoen, nie op grond van ons dade nie, maar op grond van sy eie besluit en die genade wat Hy van ewigheid af in Christus Jesus aan ons geskenk het.”

Laai af