Skriflesing: 1 Kon 6:1,2; 11-38
Teksvers: 1 Kon 6:12,13; 1 Kon 8:12,13
Alles op aarde behoort aan God. Jesus Christus is egter so nederig dat Hy ’n donkie-vul gebruik om Jerusalem binne te ry. Tog is net die beste goed genoeg vir God. Goud is baie duur en getuig van net die beste. Daarom bou Salomo ’n tempel wat vol goud was.
Gee jy die beste van jouself en alles wat jy is en het vir God?
Is jou lewe toegewy aan God? Ons gaan na drie sake kyk:
- God woon by Israel in ’n tempel van baie goud. (1 Kon 6:20-37)
- God woon by gelowiges in hulle harte wie se geloof kosbaarder is as goud. (1 Petr 1:7)
- God woon in die hemel met goue strate. (Open 21:21,22)