Skriflesing: Mat 5:13-16; Mark 9:50; Luk 14:34,35
Teksvers: Mat 5:13-14a
Daar is verskeie Afrikaanse idiome oor sout en lig.
- Is jy jou sout werd?
- Het jy jou sout verdien?
- Ek neem dit met ’n knippie sout!
- Om ’n sak sout saam op te eet!
- Daar brand ’n lig in die wapad!
- Elke donker wolk het ’n silwer randjie!
- Groot lantern, weinig lig!
En tog staan daar in ons teksvers:
- “Julle is die sout vir die aarde.”
- “Julle is die lig vir die wêreld.”