(Last updated on Januarie 11th, 2019)

Die katkisasiekommissie se doel is om die reëlings te tref rondom katkisasieonderrig. Dit behels die praktiese reëlings wat nodig is sodat onderrrig aan die dooplidmate kan plaasvind. In die doopsformulier word daar verwys na “onderrig en laat onderrig”. Die kommissie sien toe dat die gedeelte “laat onderrig” gepas en toereikend gedoen word. Soos nodig, doen die kommissie verslag aan die kerkraad oor die werksaamhede. Dit is die ouderlinge se verantwoordelikheid om toesig te hou oor die onderrig wat aangebied word om te verseker dat die inhoud getrou en korrek is. Elke graadgroep volg ‘n gepaste leerplan wat jaarliks deur die kerkraad goedgekeur word.
Daar is elke jaar ‘n kompetisie tussen die  klasse oor watter klas die meeste geld kan insamel vir Bybelverspreiding. Vir hierdie doel hou die kinders ‘n kollekte elke week by die les. Daar is ook van die klasse wat in die verlede al fondsinsamelingsprojekte geloods het om geld bymekaar te maak om hulle totale bydrae meer te maak.
Wanneer daar ‘n tema behandel word of groter projek binne die gemeente plaasvind dan word die katkisasieklasse ook soms betrek om bydraes te lewer ‘n uitstalling.

Katkisasie Kommissielede 2018

Kategete 2019