Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 157 of 192)

Die grootste in die Koninkryk

Skriflesing: Mat 18:1-14; Mark 9:33-37; Luk 9:46-48

Wie is die belangrikste in die koninkryk van die hemel? Hierdie is ’n vraag waaroor selfs die dissipels gestruikel het. Wie van hulle was die belangrikste? Daarom gaan hulle na Jesus toe met hierdie vraag. Jesus antwoord hulle, maar met ’n totaal ander antwoord as die wat hulle verwag het. Jesus openbaar wie die belangrikste is in die koninkryk van God.

Ons gaan na drie sake kyk…

  • Wie mense dink is die belangrikste!
  • Wie Jesus sê is die belangrikste!
  • Wat ons moet doen om die belangrikste te wees!

Laai af

Ware geloof kom tot uiting in jou dankbaarheid teenoor God. Nood, Uitkoms, Dankbaarheid

Skriflesing: Luk 17:11-19
Teksvers: Luk 17:11-19

In die Winter kla ons dit is te koud en in Somer kla ons dit is te warm. Of dit is te droog of te nat – daar is altyd fout. Ons dankbaarheid teenoor God is dikwels relatief. As dit goed gaan vergeet ons so maklik die Here, maar as dit sleg of swaar gaan hardloop ons gou na die Here toe. Ons is gou om te bid en te vra, maar ook stadig om dankie te sê en te prys.

  • Die nood van tien melaatses.
  • Die uitkoms van tien melaatses.
  • Die dankbaarheid van Een melaatse.

Laai af

Jou lewe as brandoffer, ‘n lieflike geur vir die Here!

(Last updated on Desember 8th, 2019)

Skriflesing: Levitikus 1; Matt 22:36,37; Efes 5:1,2 (OAV)
Teksvers: Levitikus 1:9b

Op hierdie dag waar ons die Here ernstig sal bid vir reën in ons land, is dit weer uiters nodig dat ons ons opnuut sal toewy aan die grote God en Here van ons verlossing.

Nadat God sy volk wonderbaarlik uit die slawerny van Egipte verlos het, roep Hy hulle op tot toegewyde godsdiens. Hy roep eerste (Lev 1:1). Hy is nie soos die heidense afgode wat wag om te kyk of sy onderdane Hom aanbid om so die ‘gode’ se guns te wen nie. Hulle is sy gunsgenote! Hy leer hulle selfs hoe die offers lyk waarvan Hy hou en wat vir Hom aanneemlik is.

So roep ook die apostel Paulus in Rom 12:1 –

“Gee julleself (lett: julle liggame) aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is”. (Vgl ook Ef 5:1,2)

Laai af

Eer in skande?

Skriflesing: Filippense 3
Teksvers: Filippense 3:17-21

Die Here waarsku die gelowiges in Filippi om op te pas vir die honde, die slegte werkers en die vals besnyding. Dit is die dwase mense en die dwaalleraars wat mense so maklik op sleeptou kan neem om die sondige en die verkeerde sommer te glo. Dit is mense wat op uiterlike dinge vertrou en nie op die Here se genade in Christus Jesus nie. Dit is mense wat vyande van die kruis van Christus is. Dit is aardse mense wat die verderf tegemoet gaan, wie se maag hulle god is en wat hulle eer in hulle skande vind.

Daarteenoor het die Heilige Gees vir Paulus geleer om die Here sy alles te maak. Dit wat eers ‘n bate was, beskou hy as verlies ter wille van Christus. Daarom span hy hom in om die ewige burgerskap deur Jesus Christus in die hemel te kan binnegaan.

Waarna luister jy, wat en wie glo jy as daar omstrede sake in die geloofswêreld ter sprake kom? Is Christus my alles of is die skande en sonde van die wêreld besig om vir my sin te maak?

Laai af

‘n Gruwelike ontvoering!

Skriflesing: Rigters 21 (Geheel Rigters 19-21)
Teksvers: Rigters 21:21

Vir seker is hierdie drie hoofstukke (19-21) die aakligste deel van die verhale van die hele Skrif. Dit lees nie lekker. Dit het geen les om te leer nie. Daar is geen korrektief nie. Net ’n aaklige verhaal van misbruik en ongehoorsaamheid en moord en roof. Mense-roof nogal!

In aansluiting met die praatjie van Fiona Botha vanaand oor mensehandel en -roof (Human Trafficking) gaan ons kyk na die mense-roof om die arme Benjaminiete van ondergang te red. Hulle verweer is seker maar: die doel heilig die middele.

Ongelukkig gaan jy daarmee nie voor die heilige God en hemelse Koning wegkom nie. (Kyk ook Amos 1:6,7 vgl met 2 Kron 28:18)

Laai af

« Older posts Newer posts »