Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Psalms (Page 10 of 13)

GOD IS VIR ALTYD VIR ONS ‘N TOEVLUG

Skriflesing: Psalm 46:1-12 (2 Kon 18,19; 2 Kron 32; Jes 36,37)
Teksvers: Ps 46:2-4,11-12

God was nog altyd ’n toevlug. Dit beteken God was nog altyd dié een na wie toe ons gevlug het, met al ons nood, hartseer en blydskap. Die agtergrond is waarskynlik die verlossing van die stad Jerusalem toe die wrede Assiriërs die stad in die tyd van koning Hiskia wou inneem. Die Assiriërs was ’n baie wrede nasie wat verskriklike dinge gedoen het met die gevangenes en stede wat hulle oorwin het. Vandag het ons ook met ’n verskriklike werklikheid van die Corona-Virus te doen. Die algehele inperking “lock down” waaraan die hele land onderworpe is, met die dreigende siek word van baie mense, is ’n werklikheid. Maar juis in hierdie tyd is ons as Christene nie bang nie want God se genade en liefde is onmeetlik groot.

Ons gaan na drie sake kyk:

  1. God is ons toevlug en beskerming.
  2. God is die rede vir groot dankbaarheid en blydskap.
  3. God is ons God wat altyd geëer word.

Laai af

God die Vader en ons Skepping

Skriflesing: Psalm 104 1 Joh 2:28-3:10
Teksvers: Psalm 104 (in geheel) en 1 Joh 3:1
HK: Sondag 9

Die Psalmdigter is bly oor die skeppingswerk van God en hy loof God daaroor. God het self alles in ‘n groot verskeidenheid en met wysheid geskape. Hy self hou dit alles met sy majesteit en Vaderlike hand in stand. Deur God en in God is alles en leef alles. Sonder God kan niks bestaan nie. Geen skepsel kan op sy eie bestaan, deur sy eie krag nie. Daarom begin ons ook die belydenis van ons geloof deur te bely: Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde.

Ons gaan oor drie sake handel:

1) Ons glo dat God ons Vader is.

2) Ons vertrou dat Hy ons volkome onderhou en regeer.

3) Alles gebeur tot ons beswil op aarde.

Laai af

« Older posts Newer posts »