(Last updated on Mei 17th, 2018)

Sothobediening

Doelstelling:
Hierdie bediening is veral gemik op Sotho-sprekende lede. Die bediening sluit in:

  • Donderdag 16h00-18h30 – Geletterdheidsklasse
  • Donderdag 18h30-1930 – Bybelstudie & Gebedsbyeenkoms
  • Sondag 12h30-14h00 – Erediens

Die Geletterdheidsklasse het in 2013 begin met die aanbied van ’n opvoedingsprogram wat ‘n geletterdheidskursus behels, nl. Kha ri gude (Laat ons leer).
In 2015 is daar beskuit om ’n Gesyferdheidsklas aan te bied, asook ’n tweede Geletterdheidsklas.
Die studente is toegewyd en woon die klasse gereeld by.
Die leerders word geassesseer deur middel van die Yes I Can (YIC) assesseeringsboek wat aan die Departement Onderwys deurgegee word. Bybelstudie na afloop van die klasse kontinueer olv Ds. Mosiwa Molokwane.

Raak betrokke:
Meld u diens as onderwyser(es) aan (veral om uit te help)
Gebed vir die groei van die bediening om so ook ander mense te bereik.
Kontak:
Phia van Helden: sophiavhelden@gmail.com
Ds. Mosiwa: mosiwamartin@gmail.com

Bybelverspreiding: Borg-‘n-Bybel projek: Bybelgenootskap van Suid Afrika.

Doelstelling:
Die taak van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika is om bekostigbare Bybels vir elkeen in hulle eie taal en in geskikte formaat beskikbaar te stel sodat almal die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar. Dit word gedoen deur ‘n uitgebreide publikasieprogram wat vertaling, produksie en verspreiding insluit en dit alles word deur fondsinsameling moontlik gemaak. Die Bybelgenootskap vra tans ongeveer R79 vir bekostigbare Bybels maar die werklike koste is inderdaad dubbel die bedrag.
Fondsinsameling:
Elke jaar hou ons ‘n fondsinsamelings projek vir die Borg ’n Bybel projek van die Bybelgenootskap.
Met groot dank teenoor die Here kan ons getuig dat ons gemeente jaarliks hierdie projek goed ondersteun.

Raak betrokke:
Gee ‘v vrywillge bydrae en Borg ‘n Bybel
Kontak:
Eddy Niezen: eddy.niezen@gmail.com

Bybelverspreiding: Biblosprojek

Doelstelling
Om sover moontlik aan alle werkers (sekuriteitswagte, huis- en tuinhulpe, bouers, petroljoggies, versorgers/verpleegsters en ander volgens behoefte) in ons omgewing ‘n Bybel in sy/haar moedertaal/taal van voorkeur te voorsien.
Biblos ondersteun ook ander Bybelverspreidingsprojekte.
Befondsing:
Die projek is geheel en al finansieel selfversorgend. Die befondsing vind hoofsaaklik deur vrywillige skenkings plaas. Verdere fondse word verkry deur die verkope van Bybels deur die kerkkantoor en ‘n kollekte twee keer per jaar. 4 791 Bybels ten bedrae van R208 744 is versprei sedert Maart 2013 tot en met 17 Oktober 2016.

Raak betrokke:

  • Gee ‘n vrywillge bydrae
  • Vra Bybels aan en skenk ‘n Bybel aan jul werkers in hul eie taal.

Kontak:
Esmé vd Berg: esmel.prins@gmail.com
Marlou vd Berg: fillistyn2@gmail.com

Ondersteuning: GK Tembisa

Die Gereformeerde Kerk Tembisa is `n volwaardige gemeente in Tembisa met Ds. Mosiwa Molokwane tans voltyds predikant van die gemeente.
Alhoewel dit `n volwaardige gemeente is, het hul ondersteuning nodig in sekere areas.

Raak betrokke:

  • Gee ‘n vrywillge bydrae om projekte te finansier
  • Wees deel van die span en gee jou idees, hande en voete
  • Doen voorbidding vir die projekte
    Kontak:
    Eddy Niezen: eddy.niezen@gmail.com

Mukhanyo Kollege & Afstandsonderrig

Mukhanyo Teologiese Kollege, met die hoofkampus in KwaMhlanga, is ’n multi-denominasie Christelike akademiese instituut, wat in-diepte Bybel opleiding gee aan kerkleiers, onderwysers en alle Christene wat hulself wil voorberei in die bediening van God se Woord.

Die volgende programme in Teologie word tans aangebied:

  • Sertifikaat in Christelike studies
  • Diploma in Teologie
  • BA graad in Teologie
  • Afstandsonderrig in Teologie wat insluit:
  • Christen Dissipelskap Sertifikaat (nie-geakkrediteer)
  • Diploma in Teologie (geakkrediteer)
  • GK Centurion is een van vele sentrums wat as studiesentrum vir die afstandsonderrig program dien. Elke Saterdag kom die studente by die kerk bymekaar om ’n lesing by te woon, deur middel van DVD waarna groepbesprekings plaasvind. Eksamens word ook hier afgelê.

Raak betrokke:

  • Administratiewe hulp aan die organiseerder by GK Centurion
  • Geldelike bydraes vir studente se studiegelde
  • Gebedsondersteuning vir Mukhanyo as instansie wat daarop toegespits is om kwaliteit opleiding te gee in die bediening van God se Woord
  • Gebedsondersteuning vir studente
  • Neem ’n student aan

Kontak:
Eddy Niezen: eddy.niezen@gmail.com

Dissipelskapaksie

Gedurende 2016-2017 is daar Dissipelskapkursusse deur die EVK aangebied. As uitvloeisel van die kursusse het sogenaamde ‘saadaksies’ tot stand gekom. Die woord ‘saadaksie’, berus op die beginsel dat die Koninkryksaad geplant word en dat die Here ons as mense lei om hierdie saad op sekere plakke te gaan ‘saai’.
Maak kontak met Hein & Hennie en word deel van hierdie aksie.

U kan op verskeie maniere betrokke raak:

  • Gebedsondersteuning: kry gereëld gebedsversoeke en doen voorbidding vir hul werk en gee ondersteuning aan Hennie & Hein
  • Doen besoek: woon ’n byeenkoms by ons te kyk en te leer en moontlik self betrokke te raak. Sondae is daar 2 byeenkomste waartydens Woordbediening plaasvind en dan kos voorsiening:
    – 7:00 by die Stadsaal in Lyttelton
    – 8:15 by die terrein langs die spruit tussen Supersportpark en Makro
  • Omgeegroepe word uitgenooi om as groep by hierdie aksie betrokke te raak deur gebedsondersteuning en as uitreikaksie.
    Kontak:
    Vir meer inligting en om betrokke te raak, skakel gerus:
    Hein Venter: hein@anatech.co.za
    Hennie van der Walt: hj1vdwalt@gmail.com

 

Eddy Niezen (EVK-voorsitter): 083 455 2760