(Last updated on Junie 16th, 2018)

Covenant College: Zambia

Covenant College is geleë in die suid-ooste van Zambië met die hoofdoel om pastore op te lei.  Hulle het egter ook 2 ander bedieninge nl. `n bediening om kleuterskool onderwysers op te lei en boere te leer om hul plase volgens die ‘Farming God’s Way’-beginsels te bewerk. Covenant College het hul eie kleuterskool en plaas waar opleiding plaasvind en inkomste hieruit bied ook ondersteuning aan personeel. Ds. Emmanuel Sakala is die nuwe prinsipaal van Covenant College en word deur ons gemeente ondersteun. 

Raak Betrokke:

  • Doen voorbidding
  • Skenkings & uitreike
  • Ondersteun Finansieel

Kontak Inligting: 

GKC Kontak: Attie van der Walt
Webtuiste: http://www.ccztrust.org
Nuusbriewe: Jan 2018;  July 2017

Sendeling Ettiene Vercueil

Etienne werk as sendeling onder New Life Ministries. Hy is werksaam in die Oekraïne, Israel, Rusland, Indie & die VSA met die fokus om die Kairos Dissipelskapkursus, gerig op die jeug, aan te bied. Ettiene se hart is om kerke te mobiliseer om betrokke te raak by sendingwerk. 

Raak Betrokke:

  • Doen voorbidding
  • Emosionele ondersteuning (epos/ WA)
  • Ondersteuning finansieel (Bank Besonderhede: S. W. Vercueil; ABSA, Spaarrekening; Rek. no: 9176558148, Tak no: 336345)

Kontak Inligting

Ettiene: epos: Ettiene Vercueil
GKC Kontak: Anél van der Walt

Nuusbriewe: May 2018Jan 2018

Botshelo Trust: Botswana

Botshelo Trust is ’n geloofsgegronde NGO, wat fokus op die mentorskap en koördinering werk in die plaaslike Shakawe area.  Ons motto is “Leaders for Life”, wat ons wêreldbeskouïng vasvang alsook ons fokus op leierskap ontwikkelig, identiteit (wat beteken dit om na God se beeld geskape te wees?) and leer (lewenslange leer). Ons verskillende programme is alles gefokus rondom die drie temas van Leer, Identiteit en Leierskap. Die huidige projekte en programme kan in 4 kategorieë verdeel word, naamlik: Bybel vertaling, Mentorskap & Ondersteuning, Kinders & Jeug en Liefdadigheid.
Raak betrokke
– Kry inligting, word deel van die Botshelo WA groep
(kontak+267 73 91 22 91 om deel te word)
– Doen voorbidding
– Finansiele ondersteuning: Acc nme: Botshelo Trust, FNB, Acc no: 6221 0349 488, tak: 2823, Sort kode: 282367, Swift: FIRNBWGX

Kontak Inligting

Facebook: Botshelo Trust
GKC kontak: Attie van der Walt
Nuusbriewe:  Mei 2017
Jaarverslag: Mei 2018

Hefsiba ICHO: Mosambiek

Hefsiba ICHO is in die Noord-weste van Mosambiek en bied opleiding aan plaaslike predikante. Hulle bied ook graadkursusse aan in Sielkunde en Besigheidsstudies. In Maart 2015 het hulle 2 satellietkampusse oopgestel op Mocuba en Milanje. GK Centurion dra finansieël by tot 2 Teologie studente se studies.

Raak betrokke:

  • Voorbidding
  • Skenkings
  • Finansieël (Bankbesonderhede: HEFSIBA; ABSA ​Lynwoodrif, 333-845; Rekening Nr.: 14-2015-5464; Kontak: Mev. Corrie Swanepoel,  E.Pos: ​getuie@sinoos.co.za)

Kontak Inligting:

GKC Kontak: Attie van der Walt
Webtuiste: www.gka.org.za/english/news-hefsiba/