Skriflesing: 1 Petrus 4:1-19 (2020)
Teksvers: 1 Petrus 4:10-11

Ons dink hierdie kwartaal verder na oor die betekenis dat alles AAN God toekom, tot lof van sy heerlikheid. In sommige vertalings word die “aan Hom” vertaal met “Syne”.

Dit gaan oor besit. Iets wat aan jou behoort is dit wat jou eiendom is. Maar dit verduidelik ook iets meer van die persoon.

As iemand iets aan jou doen, is dit aan jou persoon. Met ander woorde: dit wat Aan Hom behoort is dit wat Aan Hom verskuldig is. Dit geld nie net vir die skepping nie, maar ook die doel van die skepping, sodat God in alles verheerlik kan word omdat die heerlikheid en die krag Hom toekom, tot in ewigheid.