Page 29 of 330
Skriflesing: Prediker 3; Galasiers 4:1-7 (2020)
Teksvers: Prediker 3:1,2,11
Die Prediker redeneer vanuit die ongeloofs-perspektief as hy sug dat alles sinneloos en tevergeefs is. So redeneer hy ook in hoofstuk 3 dat die lewe net ‘n wisselspel tussen kom en gaan en ‘n eentonige herhaling van homself is. Hy het selfs plesier en lag ondersoek as oplossing vir die dolle gejaag na nêrens (Pred 2).
Omdat hy eintlik ‘n gelowige is kan hy egter nie anders nie as om reeds vroeg in sy skrywe te laat uitglip dat daar eintlik sin is in hierdie sikliese, byna sinlose herhaling van die lewe.
Skriflesing: Matteus 21:33-46 (2020)
Teksvers: Matteus 21:42-44
‘n Gelykenis is meer as net ‘n mooi, opgemaakte storie. Dit is ‘n beeld wat gebruik word om ‘n dieper betekenis van die lewe te verduidelik. Gelykenis beteken soortgelyk, of dieselfde. Dit is nie soos Simson se raaisel nie, maar eerder ‘n beskrywing wat iets meer duidelik stel.
Tog is daar iets van ‘n geheimenis wat daarin versluier is. Jesus het veral gelykenisse gebruik om verskillende aspekte van sy koms te verduidelik sodat gelowiges kan verstaan wat Hy bedoel.
Ons staan vanoggend stil by die gelykenis van die landbouers en die verduideliking uit Psalm 118 as die vervulling van die Skrifte.
‘n Lewe toegewy aan God – ‘n begrip wat ons maklik vir onsself toeëien. Ek dink elkeen van ons as gelowiges streef tog op een of ander manier na ‘n lewe toegewy aan die Here, al is dit soms bitter moeilik. Want die vraag is, waar en hoe pas ek die Here in my dag tot dag lewe in. Tussen ons werk, kinders se skool en na-skool programme is daar nie veel gesinstyd, tyd vir onsself, tyd vir vriende, en dan ook maar min tyd vir die Here. Op die manier kan ons beswaarlik sê dat ons, ons lewe toegewyd aan God.
Die Here gee ons egter in 2 Pet 1: 3-8 duidelike riglyne oor hoe Hy wil dat ons geestelik moet groei om toegewyd aan Hom te lewe :
- Span jou in om altyd God se wil na te jaag – maar om dit te kan doen:.
- Moet jy sy Woord goed ken (om Sy wil raak te sien);
- Lewe met selfbeheersing – Moenie dat sondige begeertes jou onderkry nie.
- Wees standvastig – Hou aan glo, onder alle omstandighede.
- Maak God se Naam groot in alles wat jy doen.
- Dra ander gelowiges altyd op die hande – bewys liefde aan alle mense.
Om toegewyd aan die Here te leef, moet Hy ons eerste prioriteit wees – die werklikheid is dat ons prioriteite gereeld agterstevoor is. Dit behoort iets as volg te lyk:
- God (my verhouding met God).
- My huwelik / gesin.
- Rus / persoonlike dinge (soos sport en stokperdjies).
- My werk.
Dis min of meer hoe dit in die meeste mense se lewensideale lyk. Maar kom dit in die praktyk, dan is die teenoorgestelde die werklikheid. Ons probeer die Here hier en daar in te pas tussen die verloop van ‘n normale dag.
God verwag egter van ons om Hom eerste te stel en die res van ons lewens, met al ons verpligtinge en verantwoordelikhede, te rig en te bestuur rondom Hom, as kernpunt in ons lewe. Op die manier is die Here se wil deel van hoe jy besigheid doen, omgaan met mense, besluite neem – en hoe jy oor die algemeen teen jou naaste optree.
Kom ons begin in hierdie jubeljaar om God weer eerste te stel, deur ‘n lewe toegewy aan Hom – deur ons lig te laat skyn, te getuig deur die manier hoe ons leef, om so Sy liefde en hoop uit te straal.
Oudl Renier vd Merwe
Skriflesing: Prediker 2:1-26 (2020)
Teksvers: Prediker 2:1-2
Die Prediker is nie die enigste persoon wat vreugde probeer vind in die lewe nie. Dit is die ambisie en strewe van elke mens op aarde. Wat die Prediker wel gedoen het, is om sy ondersoeke en bevindings vir ons op te skryf. En wat is sy bevinding: Alles kom tot niks.
Dit klink so negatief en sonder hoop. Waarom sal jy tog probeer om gelukkig te wees en vreugde in die lewe te vind as alles in elk geval geen betekenis het nie. Kom ons ondersoek saam met die Prediker of sy bevinding die waarheid is.