Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 36 of 192)

Regverdiglik Vrygespreek

Skriflesing: Jona 3:10-4:11; Romeine 3:1-31 (2020)
Teksvers: Jona 4:1-3; Romeine 3: 23-24

Ons het gesien die werk van God in ons verlossing is nie net uitsonderlik nie, maar ook uiters noodsaaklik. Hy is die Een wat ons roep, wat deur die Heilige Gees die geloof in ons wek tot ‘n nuwe lewe deur wedergeboorte. Daarby moet ons deur geloof vasgryp aan God se genade en ons hartgrondig bekeer. Deur geloof, word ons vrygespreek. 

Ons kyk vanaand na die betekenis van vryspraak, of regverdiging van die sonde in die lewe van Jona en die groot stad Nineve en die wyse waarop ons deel kry aan die geregtigheid van God. 

Wat húlle nie weet nie…

Skriflesing: Markus 4:1‑20 (Mat 13); Jesaja 55:8-11 (1983)
Dortse Leerreëls 3-4; 8-12
Teksvers: Markus 4:3

Die Here Jesus vertel hierdie gelykenis van die saaier en die saad wat op verskillende plekke val. Die ontstellende is dat nie al die saad groei en vrug oplewer nie. Hier word iets van die wonder van God se genade in en deur Jesus Christus verduidelik. 

Nie alle mense word sonder meer gered nie. En dit is ook nie uit jou vrye wil dat jy die keuse gemaak het om gered te word nie. Dit is voor alles ‘n genade werk van God, wat gegrond is in sy verkiesende genadebesluit. 

Let op daarna dat Jesus die gelykenis aan die skare van duisende mense rig, maar die verklaring net aan sy dissipels gee (4:10). 

Heilsorde(5): Ware Bekering

Skriflesing: Lukas 19 (1983)
Teksvers: Lukas 19:5,10

Daar was jare gelede ‘n program ‘The Biggest Loser’ op TV waar die persoon wat die meeste gewig verloor het, na afloop van ‘n paar weke onder strawwe oefeninge, as die wenner aangewys word. Die grootste verloorder is die wenner!! 

Dit laat my nogal aan die proses van bekering dink. Om die ewige lewe te beërwe moet mens eintlik jouself verloor! Kyk hoe wen Saggeus deur alles te verloor. 

Ons onderskei vanaand dan ook tussen die aanvanklike bekering en die daaglikse bekering. 

Blus die Gees nie uit nie

Skriflesing: Handelinge 7:44-54; Efesiërs 4:17-5:2; 1 Tessalonisense 5:19 (2020)
Teksvers: Handelinge 7:30; 51-53

Die Remonstrante het in die 3de en 4de artikel van hulle leerstellings die standpunt ingeneem dat die mens se sonde nie tot die dood is nie, maar slegs ‘n ernstige aantasting van sy bestaan. Daarby het hulle ook verkondig dat die mens steeds sy vrye wil behou en nie geheel en al verdorwe is nie. So is hulle oortuig dat ‘n mens die werking van die Heilige Gees kan weerstaan, soos beskryf in Handelinge 7. 

Ons kyk vanoggend na die gesamentlike antwoord vanuit die Dordtse Leerreël wat hierdie twee dwalings gesamentlik aanspreek in Hoofstuk 3/4 met die oproep om die Gees van God nie te bedroef nie. 

Offer of slagoffer?

Skriflesing: Markus 15:15-41 (1983)
Teksvers: Markus 15:39

Die sterwe van ons Verlosser op Golgota is nie maar net ‘n platoniese verhaal van iemand wat dood is nie. 

Elke skrywer van die vier Evangelies probeer immers sy bes om een of meer van die fasette van die openbaring van wie die Christus is, te beklemtoon. Daarom moet ons by die deurgaan van hierdie dieptepunt van sy lyde by die kleinste besonderhede stilstaan. 

Vanaand kyk ons aandag na die oomblik toe Hy sy laaste asem uitgeblaas het. 

Die Almagtige is in beheer!

Skriflesing: Esegiël 1:1‑2:3 (1983)
Teksvers: Esegiël 1:28

In Israel dreig daar nou ‘n volskaalse oorlog. Na Hamas in Gaza is dit nou moontlik ‘n geveg met Hezbollah in die Noorde en daarby die aanslag van Iran en sy vennote. 

Nie net in die Midde-Ooste nie maar elders in die wêreld dreig grootskaalse oorloë wat mense en lande in gevaar stel. Dit lyk alweer asof die mens kop verloor het. 

In ‘n soortgelyke wêreld in die tyd van Esegiël kom die Here en verskyn Hy is sy misterieuse heerlikheid sodat ten minste die profeet met sekerheid weet dat God in beheer is en dit so aan sy volk kan oordra. 

Dit moet ons ook troos in ‘n tyd van geestelike verval en politieke wanorde. 

« Older posts Newer posts »