Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 34 of 192)

Heilig, Heilig, Heilig is die Here

Skriflesing: Openbaring 4:1-11 (2020)
Teksvers: Openbaring 4:8

Slegs twee maal in die Skrif vind ons ‘n drie-dubbele herhaling van dieselfde woord as lofsang. Dit is die engele wat God se lof besing in die visioen van die profeet Jesaja, sowel as hier in Openbaring rondom die troon van God in die visioen van Johannes. 

Ons staan vanaand stil by die lofsang en die betekenis van hoe ons as heiliges ‘n nuwe lied kan sing: heilig, heilig, heilig is die Here. 

Geloofsdissipline van die nuwe mens       in Christus (1): Tyd om die Here te ken

Skriflesing: Eksodus 33:11-17; Joh 17:1-2; Matteus 25:1-13 (1983)
Teksvers: Eksodus 33:12,13,17

In die laaste kwartaal van hierdie jaar, onder die hooftema – Die Nuwe Mens – gee ons nou aandag daaraan hoe ons godsdienstige lewe moet wees vir gesonde groei en geloofsvolharding. 

Vandag dink ons na oor die belang van stil-wees of stil-raak om die teenwoordigheid van die Here te soek. 

In die dolle gejaag van die alledaagse lewe het ons dikwels nie tyd vir stil-sit of stil-raak nie. Dalk kort ons ook hier so bietjie vernuwing of bekering. 

Die “oorwinning” van die Bose beantwoord met die ongewone, gewone

Skriflesing: Lukas 8:26-39 (2020) 
Teksvers: Lukas 8:39 

Hoe verklaar ons die “oorwinning” van die bose in hierdie wêreld? 

Kyk die Bose se “oorwinning” in die oë. 

Die Bose se “oorwinning“: die mense stuur die Verlosser weg. 

Jesus stuur: 

  • ‘n gewone, ongewone mens. 
    Die verloste is nou ‘n ongewone mens. 
  • Die man na ‘n gewone, ongewone huis. 
    Hy leef nie meer in die sfeer van die dood nie. Maar wat van hulle wat Jesus weggestuur het? 
  • die man met ‘n gewone, ongewone woord. 
    Die man se verkondiging is geen wanhoopspoging nie. 

Deur God se genade het gelowiges ware rykdom om te gee

Skriflesing: 1 Petrus 1:1-12; Gen 46:26-47:12 (2020) 
Teksvers: Gen. 47:7, 10 

Was die ontmoeting tussen Farao en Jakob ‘n onbenullige gebeure? 

Gelowiges lyk dikwels so waardeloos. 

Hoe waardeloos lyk Jakob nie? Let egter op die seën wat Jakob uitspreek. 

Juis in hom wat die seën uitspreek, skitter God se genade. 

Hy, die “seëndief“, spreek die seën uit en helder skitter God se genade! 

God se genade lei tot meer rykdom om uit te deel. 

Die “seëndief” het nie ‘n “seëndief” gebly nie. God het hom verander! 

« Older posts Newer posts »