Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 152 of 192)

Versoekings van Satan vs beproewings van God!

Skriflesing: 2 Sam 24:1-25; 1 Kron 21:1-27; 1 Kor 10:13; Jak 1:12-18; Mat 4:1-3
Teksvers: 1 Sam 24:1,2,10,14

Satan het gedink dat hy Jesus kon verlei deur Hom te versoek met drie sake. Maar die oorwinning is deur Jesus Christus behaal deurdat Hy aan geen versoeking toegegee het nie, inteendeel, Hy het die Satan tereggewys uit die Woord. So kom daar dikwels in ons lewens, versoekinge van Satan, van die wêreld en van ons eie begeertes, wat ons moet weerstaan. Daar kom ook beproewinge van God waar God aan ons krag gee om dit te weerstaan.

Ons gaan na drie sake kyk. Ons gaan na drie sake kyk:

  • Verkeerde trots lei tot versoekinge. 2 Sam 24:1-9
  • Ware dankbaarheid lei tot bekering. 2 Sam 24:10-14
  • Bekering lei tot genade. 2 Sam 24:15-25

Laai af

Die ou kalf met nuwe goud

Skriflesing: Eksodus 32:1-35
Teksvers: Eksodus 32:4
HK: Sondag 5

“Kom maak vir ons gode, want ons weet nie wat van Moses geword het nie.” So liefde gemeente kom die versoek van die volk daar by Sinai. Hulle wil God as die Een hê wat voor hulle uittrek. Hulle wil God dien en eer as die Een wat hulle uit Egipte gelei het. Maar in die proses pleeg hulle sonde. Hulle begeer God as hulle Verlosser, maar hulle vereer Hom op ‘n wyse wat verskriklik is. Hulle maak van God ‘n afgod.

Waar dit gaan in ons belydenis oor die soeke na ‘n Verlosser, is dit waaroor ons as kerk ook so maklik kan struikel. Om God te verafgod. Dit klink ietwat vreemd nie waar nie, hoe kan ‘n mens van God ‘n afgod maak. Hier met die goue kalf sien ons dit egter baie duidelik, kom ons kyk na wat beteken dit vir ons vandag.

Laai af

Soos goud gelouter!

Skriflesing: 1 Petrus 1:1-12
Teksvers: I Petrus 1:6,7

Dit is nogal ‘n hele proses om die goud uit die gouderts te haal. (1 metrieke ton erts lewer net tien gram suiwer goud!)

In kort gebeur die volgende: Nadat die erts fyn gemaal is word dit met water (deesdae ook met sianied in die oplossing) gemeng om geskei te word. Met die hulp van sinkstof word die goud uit die oplossing gehaal en die residu word met verdunde swaelsuur behandel om die ander metale te verwyder.

Die ru-goud (staafgoud) word na die raffinadery gestuur waar dit in die smeltkroes van tot 1150 grade C verhit word om dit nog suiwerder te maak – die louteringsproses! In die proses dryf die metaalchloriede bo-op die goud en kan maklik afge-skep word. Elke keer wat die proses herhaal word, word die goud suiwerder, om so 9, 18, 24 karaat of selfs beter goud te verkry.

Laai af

God straf ons sondes en daarin is God absoluut

Skriflesing: Job 34:10-30
Teksvers: Job 34:10b

Ons lees in 1 Kor 8:1:

1983 “Kennis maak verwaand, maar liefde bou op.”
1953 “Die kennis maak opgeblase, maar die liefde stig.”
NIV “But knowledge puffs up while love builds up.”

Dit is so belangrik om kennis te hê van onsself, ons eie sonde en ellende en hoe God daarmee handel en wat ons daaromtrent moet doen.

  • Sondag 2 handel oor die OORSPRONG van ons sonde.
  • Sondag 3 handel oor die OMVANG van ons sonde.
  • Sondag 4 handel oor die STRAF van ons sonde.

Dit handel hier oor die Regverdige Oordeel van God oor die mens. Job het aanhou sê dat hy onskuldig is. Job wou homself teenoor God handhaaf. Hy het al daarmee begin toe hy sy geboortedag vervloek het. Daar was redenasies met God en raad van sy drie vriende, maar uiteindelik het hulle stilgebly voor God.

Ons gaan na drie sake kyk:

1 God is nie onregverdig nie.
2 God straf die sonde.
3 God is barmhartig EN regverdig.

Laai af

Goeie werke het ewigheidswaarde!

Skriflesing: Op 14:1-13
Teksvers: Op 14:12 en 13

God wys aan ons in die Openbaringsboek by wyse van simboliese taal en beelde hoe die toekoms van die kerk en die wêreld lyk tussen die koms en die wederkoms van ons Here Jesus Christus. Ons kyk die toekoms in en sien hoe lyk die hemel en die hel. En dit is skrikwekkend! Met ‘n volheidsgetal van 7 sien ons hoe die toekoms afspeel met die 7 kandelaars (visitasie) die 7 seëls, die 7 weë, die sewe basuine en eindelik ook die 7 skale.

Hiertussen verweef is 7 saligsprekinge. Die eerste het ons reeds met die openingswoorde gehoor. Vandag staan ons stil by die tweede met die tema: Goeie werke het ewigheidswaarde!

Laai af

God kan doen wat jyself nie kan nie

Skriflesing: Joh 3:1-10; Joh 7:45-52; Joh 19:38-42 (Nikodemus); II Kor 3:18
Teksvers: Joh 3: 3
HK: Sondag 3

Niemand is so blind as die een wat nie kan sien nie! Ag, ek bedoel, as die een wat nie wil sien nie. Die blindheid van die sondaar is so ernstig dat net ʼn wonderwerk hom kan help. In sonde ontvang en gebore – geestelik blind gebore – so is die sondaarmens sedert die sondeval.

Die klem moet op ons onvermoë gelê word: Ons kan nie! Wel, ons kan nie, tensy ons weergebore word. En dit is presies die bedoeling van Jesus se boodskap aan Nikodemus en die Jode. Voordat jy waarlik getroos in Christus kan lewe, móét elke mens eers sy eie onmag ken en bely, en dan sal ook die evangelie ’n soete bevryding wees wat jou dank vir die Here se genade wakker maak.

Laai af

« Older posts Newer posts »