Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 147 of 192)

Die klein woordjie van die onderwyser?

Skriflesing: Psalm 22 en Jesaja 53
Teksvers: Jesaja 53:4
HK: Sondag 15

Ek onthou uit my kinderdae dat my katkisasiemeester ons geleer het dat die VRAE by die Heidelbergse Kategismus NETSO belangrik is as die ANTWOORDE! Kyk jy na die oorspronklike skrywers se kommentaar op die Kategismus (vgl. Het Schatboek, deur Zacharias Ursinus) dan is die vraag is ook deel van die belydenis. Toets dit maar self met die heel eerste vraag na jou “enigste troos”… Dit veronderstel ‘n vreeslike probleem en dat daar net één antwoord is! Ek hoop u volg my argument. Ek wens u lees sommer weer die Heidelberger met nuwe oë.

Vanaand moet u goed oplet. Sondag 15 handel oor Jesus se swaarkry, lyding, veroordeling en vervloeking. Hy het ‘n bittere, bittere lydensweg geloop! Sy hele aardse lewe eintlik ‘n Via Dolorosa (pad van trane)!

En kyk dan nou na die vraagstelling van Sondag 15, waar die onderwyser na hierdie lyding met ‘n verkleinwoordjie verwys- “Wat verstaan jy onder die woordjie : gely? In Nederlands gebruik hy “woordeke”. Is dit nou nie sleg as hy so ‘verkleinerend’ oor ons Verlosser se lyde praat nie?

Laai af

Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal vir jou sorg!

Skriflesing: Psalm 37
Teksvers: Psalm 37:5

Dawid was al bejaard tot hy hierdie Psalm geskryf het. (v25) Dit is belangrik, want met grysheid kom die wysheid, vir die meeste mense wat op God vertrou. Daarom dat Dawid weet op wie hy moet vertrou, Hy wat vir hom gesorg het, nou vir hom sorg en altyd vir hom sal sorg. Dawid het die insig gehad wat gebeur met mense wat hulle lewe aan die Here oorlaat, daar is vreugde in hulle lewens. Maar hierdie vertroue in God het in stilte geskied, nie demonstratief nie, nie deur kwaad te word nie, nie deur onsteltenis nie, want God is soewerein en in beheer. Dawid gee in hierdie Psalm vier bemoedigende en vertroostende sekerhede, hoekom ’n gelowige op God moet vertrou:

  • God kan vertrou word. Ps 37:1-11
  • God verstaan jou omstandighede. Ps 37:12-20
  • God seën sy kinders. Ps 37:21-31
  • God sal oor die goddeloses oordeel. Ps 37:32-40

Laai af

Jesus Christus het waarlik mens geword en is sodoende die volkome Hoëpriester wat ons nood verstaan

Skriflesing: Hand 2:7-18
Teksvers: Hand 2:17
HK: Sondag 14

Ons kan Jesus nie leer ken deur middel van … karakterontleding, historiese navorsing, of ’n sielkundige ondersoek, of evaluering nie.

Ons kan Jesus nie in menslike kategorieë plaas soos bv die vier temperamente nie nl. choleries, sanguinies, melankolies en flegmaties nie.

Ons kan Jesus nie probeer ontleed as ‘n historiese figuur met hierdie en hierdie en hierdie eienskappe nie.

  • Hoekom kan ons dit nie doen nie?

Want Jesus Christus was terselfdertyd, waarlik God, en waarlik mens. 1 Joh 5:20; Heb 2:14

MAAR JESUS CHRISTUS KEN ONS VOLKOME!

Omdat Hy waarlik mens was, is “Hy ons Middelaar wat met sy onskuld en volkome heiligheid my sonde waarin ek ontvang en gebore is, voor God bedek.”

Laai af

Jesus se Kolskoot!

Skriflesing: Romeine 8:31-39
Teksvers: Romeine 8:34

Die agtergrond van die skrywer van Romeine is Paulus die regsgeleerde. Die brief is soos ‘n verslaggewer van ‘n hofsaak.

Hy begin by die aanklag daar is geen verdediging nie, daar is geen versagtende omstandighede nie, daar is geen appél nie, net skulderkenning.

Die uitspraak is: Skuldig tot die dood. Die vonnis is uitgespreek maar, dit is wat Paulus so mooi maak, dan tree die Advokaat na vore en verloop die hofsaak in die guns van God se kinders.

Jesus Christus tref die kol!

Laai af

« Older posts Newer posts »