Kategorie: Preke (Page 142 of 192)
Skriflesing: Galasiërs 5
Teksvers: Galasiërs 5:25 (OAV)
HK: Sondag 24
Die nuwe lewe wat ons deur die geloof (HK So. 23) van God ontvang het, moet ook sigbaar word in ons daaglikse lewe op aarde. Dit is nie net tot eer van God nie, maar troos ook die gelowige mens self, wat daarin sien hoe die Here in hom/haar werk.
Ons goeie werke of ons dade van geloof is immers net die VRUG van die werke van die Gees.
1. Kyk of jy in hierdie paragraaf die drie werkwoorde kan opspoor wat op die werk van die Heilige Gees in ons lewe dui?
2. Die memoriseervers Gal 5:22 dui op die drie ampte van die gelowige (3×3). Kan jy die drie ampte daarin onderskei?
Skriflesing: Hosea 11
Teksvers: Hosea 11:1
In die profesie van Hosea gebruik die Here baie beelde (2:1; 5:14; 13:7; 14:7) om die volk te laat verstaan wie Hy is. Dit is asof die Here hulle wil wakker skud, sodat hulle Hom as ‘n werklikheid sal beleef en nie maar net aan Hom sal dink as ‘n vae idee nie.
In Hosea 11 stel die Here Homself voor as ‘n liefdevolle Vader en ook as ʼn Leeu. Die Here se troue sorg en liefde word in Hosea 11 afgewissel met die beskrywing van sy volk se ontrou.
Die Here roep ons deur sy liefde om by Hom te kom leef.
Skriflesing: Lukas 8:40-56
Teksvers: Lukas 8:48
HK: Sondag 23
Met Sondag 22 bereik ons die einde van ons geloofsbelydenis. Die belydenis wat so presies uitgelê is oor die betekenis van elkeen van die 12 artikels keer nou terug na ons in persoon en vra: wat is die waarde van al hierdie dinge wat ons bely? Wat is die waarde van jou geloof?
Ons gaan vervolgens stilstaan by die gebeure van twee meisies wie se lewe in gevaar is agv gesondheid met die tema: Geloof red.
- Kan jy nog die 5 bekende solismes onthou van die reformasie? Sola Fide… ens
- Hoekom sal ons bely dat geloof red, as dit tog net ons Here Jesus is wat kan verlos? Hab. 2 en Romeine 1
- Wat beteken die woorde: geregtigheid en regverdigheid?
- Watter soort werke kan ons doen om onsself te red?