Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Psalms (Page 8 of 13)

God wat alles voorsien, moet aanbid word

Skriflesing: Psalm 39; Rom 8:37
Teksvers: Psalm 39:10
HK: Sondag 10

Die Vader van Jesus Christus is ook ons Vader! (Sond 9) ’n Vader wat sorg. ’n Almagtige God wat omvattend sorg. Soveelso dat ons weet dat alles uit sy Vaderhand na ons toe kom.

Daar is niks wat sy oog sal mis en waar sy hand nie kan bykom nie. Daarom laat Hy geen plek vir dinge soos toeval of noodlot of blote geluk nie – die afgode van die wêreld wat nie van die heerlike voorsienigheid van die Vader weet nie. Hulle dink nog hulle lot is in hul eie hande.

Wie egter onder die besef en indruk kom van die almagtige en alomteenwoordige krag van God (Sond 10), kom selfs in die teenspoede van die lewe en buig in aanbidding van die Vader van ons Here Jesus, wat so omvattend vir ons sorg!

Die Ewige Vader van ons Here Jesus Christus is ook ons Vader

Skriflesing: Psalm 33
Teksvers: Psalm 33:6, 12, 18, 20-22
HK Sondag 9

Seker een van die belangrikste vrae in jou lewe is, hoe dink jy oor God? Is God vir jou werklik so groot, almagtig dat ons nie anders kan as om in ontsag voor Hom te buig nie, of dink jy klein en aards van God? Maar God is nie ver van ons af nie. God is ook elkeen wat in Hom glo se persoonlike God en Vader. Hy sorg vir jou! Hy is lief vir jou! Hy dra jou elke dag! 

Ons gaan na drie sake kyk: 

1 God is my Skepper v. 6 

2 God is my Versorger v. 18 

3 God is my Beskermer v. 20-21 

God se tranefles

Skriflesing: Psalm 56
Teksvers: Psalm 56:9

Vandag geld in die kerkverband (GKSA) as ‘n algemene dag van verootmoediging van die kerk voor die Here. Ons wil onsself persoonlik en gesamentlik voor die grote God verneder en om sy genade smeek. Dit moet ons doen met trane! Eerlike trane van selfverloëning en sondebelydenis. 

Volgens die psalm van Dawid het die Here ‘n simboliese fles waarin Hy ons trane opvang en bêre om dit heeltyd in gedagte te hou. Die Here ken jou trane! Al jou trane. Self het Hy ook trane oor ons gestort. Gaan met al jou trane na die Here toe. 

Elke oorwinning kom net van die Here!

Skriflesing: Psalm 20; Op 19:11-16; Deut 17 en 20 
Teksvers: Psalms 20:8

Gewoonlik kyk mense maar bietjie neer op ‘n donkie. Selfs spreekwoordelik is die donkie maar lui en steeks. Gee my veel liewer die krag van ‘n perd en sy ruiter en ek sal beter doen, verder vorder meer oorwin.
Dit is alles menslike gedagtes. God het nie iets of iemand nodig om sy plan uit te voer of oorwinnings te behaal nie. Juis omdat ons nie kan nie, doen Hy dit self. Selfs in die alledaagse gewone dinge kan ons maar net op die Here vertrou en op dié manier totaal anders wees as die mense van die wêreld onder wie ons lewe en oorlewe! 

« Older posts Newer posts »