Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Psalms (Page 7 of 14)

Wat ‘n ervaring!!

Skriflesing: Psalm 34 (Verw 1 Sam 21:12-15)
Teksvers: Psalm34:9

Ter voorbereiding van die prediking en Nagmaalviering is dit nogal nodig dat jy rustig dink oor hoe goed die Here al vir jou was. Miskien moet jy soos Dawid ‘n bepaalde insident in gedagte roep.

Dawid verwys hier na die episode by die stadspoorte van die Filistynse koning Agis (sy ampstitel was Abimeleg), waarvan ons kan lees in 1 Samuel 21. In die tyd van die vervolgings deur koning Saul het Dawid baie sulke noue ontkomings beleef. Die Here het hom uit gevare en benoudheid gered en dit het hom ‘n bepaalde ervaring van sy God gegee.

Die groot raaisel!

Skriflesing: Psalm 73 en Ps 49
Teksvers: Psalm 73:28

Asaf, die Leviet, is een van die geestelike leiers van die volk. Hy onderrig hulle deur liedere wat hy die volk laat sing. 

Hier hanteer hy een van die moeilikste raaisels wat die mens in sy lewe konfronteer: Waarom Here? Hy slaan die spyker op die kop met diegene wat teen ons onreg pleeg en hy draai nie doekies om nie. Hy weet dat die grootste gros mense hierdie tipe vraag een of ander tyd in sy/haar lewe teëkom en moet hanteer. Hy gee hier ook duidelike leiding oor hoe ons met hierdie worsteling moet omgaan, sodat ons nie ons medegelowiges beledig of benadeel nie, en God se eer nie skade aandoen nie. 

God beskerm sy kerk

Skriflesing: Ps 121 
Teksvers: Ps 121 
HK Sondag 21 vr 54 

Hierdie Psalm is deur die Pelgrims gesing op pad na Jerusalem. 

Hulle het dit gesing om daarmee te erken, God is hulle enigste hulp en hoop. So is die Here vir al die eeue die Beskermer van sy kerk. Die poorte van die hel sal dit nie oorweldig nie. Niks sal God se kerk van Hom af kan wegruk nie. Want wie kan voor God bly staan? 

  • God beskerm sy kerk. 
  • God beskerm sy kerk op aarde. 
  • God beskerm sy kerk tot in die hemel. 

Die Bybel: is dit net vir grootmense

Skriflesing: Psalm 119: 9 – 16 
Teksvers: Psalm 119: 9 

Die Bybel… is dit net vir grootmense bedoel of is dit ook vir kinders en jongmense? Want soms kom mens by gedeeltes in die Bybel wat selfs vir die grootmense moeilik is om te verstaan. En as die grootmense soms sukkel om te verstaan wat hulle lees, kan dit mens laat wonder: wat van die kinders? Ons teksvers werp besondere lig hierop as daar gevra word “Hoe kan ‘n jongmens sy lewe skoonhou…?” Die goeie nuus van hierdie woorde is dat die Bybel vir elke kind bedoel is, van alle ouderdomsgroepe. Ons leer ook dat die Bybel ‘n baie kosbare geskenk, en hulpmiddel, uit God se hand is om kinders en jongmense te help om `n mooi en geseënde, vol lewe te lewe. Dis wat ons vanmôre in die prediking gaan hoor 

  • die goeie nuus dat die Bybel vir alle kinders bedoel is; 
  • waarom die Bybel vir alle kinders belangrik is; en 
  • watter rol ouers in kinders se lewe speel as dit kom by die verstaan van die Bybel. 
« Older posts Newer posts »