Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Ou Testament (Page 57 of 66)

“Strooi” is nie “koring” nie

Skriflesing: Jeremia 23
Teksvers: Jer 23: 28 en 29

Daar is mense wat soms so maklik sê: “so sê die Here…” of “die Here het vir my gesê…”. Maar is dit werklik die Woord van die Here? As dit werklik die Woord van die Here is, hoe sal ek dit weet?

In Jeremia 23 word die profete aangekla omdat hulle sommer so maklik-maklik verklaar dat die Here deur hulle gepraat het. Die Here kla die profete egter aan dat hulle die volk mislei en sommer net maak of hulle ‘n openbaring, droom of visioen van die Here ontvang het. Dit wat hulle as die Woord van die Here opdis, is sommer eie breingimnastiek, of sommer iets wat iemand anders vir hulle vertel het of sommer woorde aan mense wat die mense graag sal wil hoor.

Mag jy die gawe van die Here ontvang om werklik te kan onderskei wat die Woord van die Here (egte koring) is en wat sommer menslike insig en eie woorde (strooi) is.

Laai af

God gee lewende water uit ou en nuwe putte!

Skriflesing: Gen 26:12-35; Gen 21:22-33
Teksvers: Gen 26:19-22, 25,32-33 Gen 21:25,30-31; Joh 7:38

In die Bybel word waterputte soms gebruik as ‘n seëning uit die hand van God. Die mens soek, ook in sy godsdiens, voortdurend nuwe dinge, terwyl al wat ons nodig het, is om die ou waterputte oop te grawe, wat God lankal aan die kerk gegee het. Geestelik gesien bevat die ou putte die lewende water, alles wat ons nodig het om van te lewe, bv. Die Woord van God, gebed, aanbidding, lofpryssing, geloof, die krag van die Heilige Gees, dankoffers en dienswerk. Soms gooi die Satan die “ou putte” toe, sodat ons baie dors word. Wanneer daar daadwerklike geestelike herlewing in die kerk is, is dit wanneer die ou putte weer oopgegrawe word. Dit is wanneer die Bybel weer opreg bestudeer word en die Heilige Gees toegelaat word om vrylik deur die Woord in ons harte te werk.

Ons gaan na drie sake kyk:

1 Grawe die ou putte oop, dit is gesonde water.

2 Grawe nuwe putte, daar is nuwe vars water.

3 Gee oorvloedige lewende water, vir almal.

Laai af

Raadpleeg liewer die Here

Skriflesing: Deut 7:1-6; Josua 9; Joh 17:13-17; 18:36-38
Teksvers: Josua 9:14

Kyk na die borde op die lamppale… Nogal interessant waarmee sommige politieke partye ons stemme wil werf… Meer werk en kos en geld en fisiese veiligheid.

Nogal ‘n lastige ding, ek bedoel nou die verkiesing: Wat moet ek stem? Ons kan tog nie net aan die fisieke dinge bly dink terwyl ons hoop eintlik op ‘n baie hoër vlak geleë is nie!? Of wat praat ek alles! Stem moet jy stem.

Kom ons stem beter as wat Josua en Israel gedoen het!!

Kom ons gaan biddend na die stembus, want ons wik maar God beskik.

Laai af

Besluite het verreikende gevolge

Skriflesing: 1 Konings 12
Teksverse: 1 Konings 12: 15 en 22-24

‘n Mens neem so maklik besluite sonder om werklik na te dink of te bid oor die wil van die Here. Sommige besluite het goeie en ander slegte nagevolge. In hierdie gedeelte hoor ons die verskil tussen die besluite van mense en die besluite van die Here met die gepaardgaande gevolge van die besluite wat geneem is.
Bo alles staan die ewige besluite van die Here vas en seker. Hy beskik en bepaal ons lewe. Hy sal deur sy besluite heen die gelowige lei om in en deur Hom te lewe of aan ons die geleentheid gee omtot inkeer en bekering te kom.
Ons land staan op die vooraand van ‘n verkiesing. Sogenaamde demokratiese besluite word geneem en ons sal met die gevolge van hierdie besluite vorentoe leef. Mag jy ook biddend voor die Here staan oor ander mense se besluite wat ‘n impak op die Here se eer en die mense se vreedsame bestaan tot God se eer sal hê.

Laai af

Trane versus lag. God gee aan ons die blydskap om te lag

Skriflesing: Psalm 30
Teksvers: Psalm 30:6

Ons lees in Spreuke 17:22 dat “‘n Vrolike mens is ‘n gesonde mens, ‘n neerslagtige mens raak uitgeput.” Wat ‘n voorreg om vreugde in die lewe te kan hê, ‘n tyd om te lag en ‘n tyd om te huil. Vanmôre weereens ‘n tyd om te lag van vreugde tot eer van God en vir nog ‘n gesin wat ons met blydskap in die gemeente welkom heet, vir ‘n belydenisaflegging, vir die doop van twee kinders. “Verbly julle in die Here!” Wat ‘n vreugde om te kan lewe. Die lewe bestaan ook nie net uit lag nie, maar daar is ook hartseer. So lees ons: “Gisteraand was daar nog trane en vanmôre lag ons weer.” Ons gaan kortliks kyk na:

  • ‘n Nuwe Oorwinning – van dood tot lewe. (v1-4)
  • ‘n Nuwe Dag – Van nag tot môre. (v5-6)
  • ‘n Nuwe Hart – Van trots tot nederigheid. (v7-10)
  • ‘n Nuwe Lied – Van rou tot vreugde. (v11-13)

Laai af

Die Groot Verrassing!

Skriflesing: Maleagi 1:1-5; Romeine 9:10-18; I Kor 3:9-23
Teksvers: Maleagi 1:2,3
DL: 1: 12-15

So graag teken ons God net as liefde. Dit is die waarheid. Skriftuurlike waarheid. Dit is ook net ‘n deel van die waarheid! God is ook verskriklike toorn as dit by sonde kom! Die Here vertoorn Hom so geweldig oor die sonde dat Hy die sondaar met die volle vloek van die sonde straf – die ewige dood in die poel van vuur en swael.

In die algemene prentjie van mense oor God pas hierdie gedag-tes dikwels glad nie in nie. Vir baie moet Hy die “liewe Jesus” met die sagte oë wees. Johannes op Patmos sien Hom egter as die verheerlikte God, groot en heilig: Sy oë vlam soos vuur en sy voete is van gloeiende koper waarmee Hy die goddeloses sal vertrap! God is ‘n wreker (Nahum 1:2) van die nasies en Hy laat sekeres in hulle sonde bly terwyl Hy sommige in sy groot barm-hartigheid uitred – ja, soos deur vuur heen!

Laai af

« Older posts Newer posts »