Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Ou Testament (Page 56 of 66)

Here hoor my as ek tot U nader!

Skriflesing: Nehemia 1
Teksvers: Nehemia 1:4-10

Nehemia fokus in hierdie eerste van tien gebede op die grootheid van die Here. Dit is sy basis waarop hy staan om tot die Here te nader.

Die Here is die groot en ontsagwekkende God. Verder bely hy die sonde van homself, sy gesin en die van die Israeliete. Dan eers kan hy op die Here fokus wat getrou bly aan sy beloftes.

Laastens kom hy in hierdie gebed om sy behoefte aan die Here te stel. Geen gebed kan gebid word sonder die be-sef van die Here se grootheid en ons eie afhanklikheid aan die Here nie.

Mag jy met groot verwagting tot die grote God nader in gebed, wetende dat jy totaal en al van Hom afhanklik is.

Laai af

Jesaja sien die Here, – die Nood, – die Uitkoms

Skriflesing: Jes 6:1-13
Teksvers: Jes 6:13

Jesaja se roeping was sigbaar en hoorbaar en voelbaar en so intens dat hy gedink het dit is klaar met hom. Hy het gedink hy gaan doodgaan.

Hoe intens beleef ons ons roeping?

Maar hierdie roeping het daartoe gelei dat hy gesien het dat daar baie nood onder die volk was. Nood dat hulle God se roeping en nabyheid nie beleef het nie, nie gesien het nie. Maar God se onmeetlike groot genade is altyd daar. Daarom sal daar ’n uitkoms wees.

Laai af

Ongesuurde brood simboliseer die afsterwe van ‘n sondige lewe

Skriflesing: Eksodus 12; 1 Korintiërs 5:6 – 8
Teksvers: Eksodus 12:20

Dit is opvallend dat die Here weer en weer beklemtoon dat die Israeliete by die instelling van die Pasga en by die fees van ongesuurde brood wat net na die Pasga gevier is, nie gesuurde brood mag eet nie.

Wat sou die rede wees?

Vandag kan ons met groot dankbaarheid terug kyk na die elemente van die Pasga wat na die lyde en sterwe van Jesus Christus heen gewys het. Nou kan ons met groot verwondering deel in die nuwe betekenis van brood en wyn by die gebruik van die nagmaal.

Laai af

« Older posts Newer posts »