Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Ou Testament (Page 52 of 66)

Versoekings van Satan vs beproewings van God!

Skriflesing: 2 Sam 24:1-25; 1 Kron 21:1-27; 1 Kor 10:13; Jak 1:12-18; Mat 4:1-3
Teksvers: 1 Sam 24:1,2,10,14

Satan het gedink dat hy Jesus kon verlei deur Hom te versoek met drie sake. Maar die oorwinning is deur Jesus Christus behaal deurdat Hy aan geen versoeking toegegee het nie, inteendeel, Hy het die Satan tereggewys uit die Woord. So kom daar dikwels in ons lewens, versoekinge van Satan, van die wêreld en van ons eie begeertes, wat ons moet weerstaan. Daar kom ook beproewinge van God waar God aan ons krag gee om dit te weerstaan.

Ons gaan na drie sake kyk. Ons gaan na drie sake kyk:

  • Verkeerde trots lei tot versoekinge. 2 Sam 24:1-9
  • Ware dankbaarheid lei tot bekering. 2 Sam 24:10-14
  • Bekering lei tot genade. 2 Sam 24:15-25

Laai af

Die ou kalf met nuwe goud

Skriflesing: Eksodus 32:1-35
Teksvers: Eksodus 32:4
HK: Sondag 5

Kom maak vir ons gode, want ons weet nie wat van Moses geword het nie.” So liefde gemeente kom die versoek van die volk daar by Sinai. Hulle wil God as die Een hê wat voor hulle uittrek. Hulle wil God dien en eer as die Een wat hulle uit Egipte gelei het. Maar in die proses pleeg hulle sonde. Hulle begeer God as hulle Verlosser, maar hulle vereer Hom op ‘n wyse wat verskriklik is. Hulle maak van God ‘n afgod.

Waar dit gaan in ons belydenis oor die soeke na ‘n Verlosser, is dit waaroor ons as kerk ook so maklik kan struikel. Om God te verafgod. Dit klink ietwat vreemd nie waar nie, hoe kan ‘n mens van God ‘n afgod maak. Hier met die goue kalf sien ons dit egter baie duidelik, kom ons kyk na wat beteken dit vir ons vandag.

Laai af

God straf ons sondes en daarin is God absoluut

Skriflesing: Job 34:10-30
Teksvers: Job 34:10b

Ons lees in 1 Kor 8:1:

1983 “Kennis maak verwaand, maar liefde bou op.”
1953 “Die kennis maak opgeblase, maar die liefde stig.”
NIV “But knowledge puffs up while love builds up.”

Dit is so belangrik om kennis te hê van onsself, ons eie sonde en ellende en hoe God daarmee handel en wat ons daaromtrent moet doen.

  • Sondag 2 handel oor die OORSPRONG van ons sonde.
  • Sondag 3 handel oor die OMVANG van ons sonde.
  • Sondag 4 handel oor die STRAF van ons sonde.

Dit handel hier oor die Regverdige Oordeel van God oor die mens. Job het aanhou sê dat hy onskuldig is. Job wou homself teenoor God handhaaf. Hy het al daarmee begin toe hy sy geboortedag vervloek het. Daar was redenasies met God en raad van sy drie vriende, maar uiteindelik het hulle stilgebly voor God.

Ons gaan na drie sake kyk:

1 God is nie onregverdig nie.
2 God straf die sonde.
3 God is barmhartig EN regverdig.

Laai af

Met God se hulp bou ons en leef ons ’n geseënde lewe.

Skriflesing: Psalm 127

Ons hoor dikwels dat mense sê: Ek het hard gewerk vir my geld!..

Daarom verdien ek ’n nuwe kar, ’n mooi huis, ’n luukse vakansie, ’n goeie inkomste, daarom het ek die reg op ’n goeie lewe. Die Pelgrims is op pad na Jerusalem of binne in Jerusalem en hulle besing die Verbondsgod se genade en sy seëninge wat op sy volk rus. Elkeen wat in afhanklikheid van God leef, verkry die seëninge van God op verskillende maniere.

Ons gaan na drie sake kyk:

  • God bou met sy seënende hand.
  • God beskerm met sy seënende hand.
  • God beskik ’n geseënde lewe.

Laai af

« Older posts Newer posts »