Skriflesing: Jes 30:1-33
Teksvers: Jes 30:15
Besluite en aksies wat jy neem het konsekwensies. Keuses wat jy maak het gevolge. Beskerming wat jy vir jouself in eiewaan en selfvoldaanheid maak, kan verkrummel en tot niet gaan. Wie op aarde kan jou beskermer of vertroueling wees? Keer terug na God. Vertrou op God. God alleen is ons Beskermer. Pasop as jy op iets of iemand anders vertrou. Luister na God. By God alleen is genade.
Ons gaan na drie punte kyk:
- God se teregwysing Jes 30:1-7
- God se opdrag Jes 30:8-18
- God se genade Jes 30:19-26