Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Ou Testament (Page 48 of 66)

Die HERE is vrede en nie teespoed nie

Skriflesing: Rigters 6:1-7; 7
Teksvers: Rigters 6:13 en 23

Magteloosheid lei tot ‘n gevoel van betekenisloosheid. Omdat Gideon voel dat hy niks aan sy omstandighede kan doen nie, voel hy ook nikswerd. Hy voel dat die Here sy kinders vergeet en in die steek gelaat het… Maar dan verander alles… Die Here roep en stuur Gideon met ‘n besondere opdrag!

Soms voel ons ook soos Gideon, en soos Moses, dat ons die genade van die Here nie waardig is nie. Soms tref die lewe so hard dat ons nie eintlik meer kans sien nie. Dan wil ons eerder moed opgee en van die Here vergeet.

Die Here is egter getrou aan sy verbondsbeloftes. Hy wil ons red, Hy wil uitkoms gee. Dit is ook die teken van sy verbond by die doop. Die water is ‘n teken van God se getrouheid in sy verlossing. Ons kan alleen maar in die geloof daaraan vasgryp.

So bring die Here vrede en nie teëspoed nie.

Laai af

Het jy ‘n goue kalf in jou lewe of is God jou God!

Skriflesing: Ex 32:1-35
Teksvers: Ex 32: 1,4,9-10, 31-32

Die meeste mense het maar iewers in hulle lewens ‘n goue kalf. Dit is ‘n stokperdjie, hulle werk, hulle sport, geld, vrou, kinders of enige-iets wat vir jou belangriker is as God. Ja selfs jou eie ek, status, geld, besittings kan ‘n “goue kalf” in jou lewe wees. Dit kan maklik gebeur dat iets, of iemand of besittings of werk belangriker in jou lewe raak as God. Ons kan baie maklik op baie dinge vertrou maar vertrou ons werklik op God. As ons moedeloos raak oor ons lewe, wat met my gebeur, oor die omstandighede in die land, die werkomstandighede, waarnatoe wend ons onsself. Wie gaan ons help? Hoe gaan ons uit hierdie situasie kom?

Ons gaan na drie sake kyk uit ons Skrifgedeelte:

  • Die groot sonde, nl. die goue kalf. Ex 32:1-6
  • Die groot toets. Ex 32:7-13
  • Die groot genade van God en tug van God. Ex 32:15-35

Laai af

 

« Older posts Newer posts »