Kategorie: Ou Testament (Page 29 of 69)
Skriflesing: Eksodus 14:9-31
Teksvers: Eksodus 14:13-14
Die HERE sonder ons af van ons vyande. Die deurtog deur die Rietsee was van uitsonderlike betekenis vir die volk Israel. Hierdeur het God hulle bevryding van die slawerny in Egipte bevestig. Deur sy oordeel oor sy vyande gee Hy vryheid vir sy volk dat hulle nooit weer die Egiptenare hoef te vrees nie. Des te meer mag ons terugkyk op Christus wat ons van die slawerny van sonde verlos het deur ons vyande te oorwin. Die doop beeld af hoe ons eenkant geplaas word van die sonde, soos die Rietsee vantevore reeds daarop gewys het (vgl. 1 Kor. 10:2).
Die HERE sonder ons af vir Homself. Die HERE sonder sy volk nie net af van hulle vyande nie, maar Hy sit hulle in besonder eenkant vir Homself. Die verlossing deur die Rietsee heen moes vir hulle daarop wys dat hulle aan God alleen behoort. Dit is dieselfde belofte waarop ons gewys word deur die doop – dat God Homself aan ons verbind as ons Vader. Ons word opgeroep om van ons vryheid te geniet in Christus alleen, deur Christus en tot eer van God alleen.
Skriflesing: Psalm 105:1-15, 42-45
Teksvers: Psalm 105:8-10
Hierdie Psalm, die eerste 15 verse, het Dawid laat sing by die feesviering toe die ark in die spesiale tent aangebring is. 1 Kron 16:7-22. Dit is ’n loflied wat God se verbond met sy volk Israel beskryf. Dit handel oor God se genade met Israel van Abraham af tot by die inbesit-neem van Kanaän. In hierdie Psalm word baie sterk klem gelê op God as Jahwe, die Here, die verbondsgod en sy genade met sy volk. Aan die verbond self word daar ten minste drie verse afgestaan. Ons kan die Psalm in vier groot dele indeel:
God se genadige verbond met sy kinders. v.1-15
God se wyse voorbereiding vir die uitvoering v/d verbond. v.16-25
God se ongelooflike leiding en versorging v/d verbondsvolk. v.26-41
God se onbreekbare trou van sy verbond. v.42-45
God het sy verbond gesluit met Abraham en sy nageslagte tot in die duisendste geslag. So word hierdie verbond ook vanmôre aan ’n verbondskindjie beseël met die doop.
Skriflesing: Ps 16
Teksvers: Ps 16
1. Kenmerke van die gelowige.
2. Die seëninge van die gelowige.
3. Die vooruitsigte vir die gelowige.
“Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. ʼn Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi.”
Ps 16:5-6
Skriflesing: Eksodus 20:8-11;
Deuteronomium 5:12-15
Teksvers: Eksodus 20:8
HK Sondag 38
Gedenk die rusdag, en onderhou die rusdag, dit is die onderskeid in die 40 jaar van die woestyn. Gedenk die rusdag, want God het op die 7de dag gerus, maar so ook moet jy hierdie herdenking bly onderhou in die beloofde land. Want Israel was ‘n slaaf in Egipte. Dink dan aan jou verlossing, en gedenk die HERE se werke.
So kan ons ook op die rusdag gedenk en onderhou, dat ons van die slawerny van die sonde vrygemaak is om God te dien. Kom dan na die Nagmaal, om te gedenk, om te dink aan jou verlossing…