Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Ou Testament (Page 28 of 69)

Deur die Gees van die HERE voed Hy die kandelaar

Skriflesing: Sagaria 4:1-14; Openbaring 11:1-19
Teksvers: Sagaria 4:4

Sagaria se vyfde gesig is ‘n baie besondere toneel van ‘n kandelaar met ‘n oliekan en sewe pype na elkeen van die kelke om olie te voorsien. Daar staan ook ‘n olyfboom aan elke kant van die kandelaar met pype wat van die bome afloop na die oliekan om dit te voorsien van olie!

Die kandelaar, of menora, is die lampstaander wat in die Heilige staan van die tabernakel en later van die tempel, wat die priesters elke oggend voorberei en in die aandoffer met olie vul en aansteek om deur die nag te brand. Dit is ‘n simbool van God se teenwoordigheid onder sy volk. ‘n Simbool van lig in die donker!

Maar Sagaria is eerlik genoeg om te erken dat hy nie alles verstaan van God se Woord nie. Daarop kom die verklaring van die engel. Waarby ons vanoggend gaan stilstaan met die oog op die bediening van die doop

Wondertekens van die HERE

Skriflesing: Sagaria 3:1-10
Teksvers: Sagaria 3:8

Sagaria, die profeet sien merkwaardige openbaringe van die HERE. In hierdie vierde naggesig, sien hy Josua die hoëpriester wat aangeklae word deur die duiwel. Die kerk staan skuldig en sondig voor die HERE. Hierna volg die uitspraak deur die HERE as Regter. Hy beoordeel en maak sy bevinding waarna Hy veroordeel en vryspreek. Dan volg die opdrag. Eers die opdrag aan Josua, wat hy moet doen en dan wat die HERE self gaan doen. Hy sal sy Kneg, die Spruit, laat kom. 

Wat is jou antwoord as jy vandag voor die HERE se regterstoel moet staan? 

O, wortel van die kwaad!

Skriflesing: Genesis 37; Matteus 26:1-5; Heb 12:14,15
Teksvers: Genesis 37:18-20
HK Sondag 40

Dit sou u nogal goed doen om weer ‘n slag die hele geskiedenis van Jakob en sy vrouens en kinders te lees – Gen 28-37. In hierdie tien hoofstukke gaan dit in wese oor hoe God ten spyte van sonde sy heilige wil uitvoer en dat die bose (mens of duiwel) nie sy raadsplan kan verydel nie.

Die fokus by vanaand se prediking is egter die moord- en haat-gedagtes van die broers van Josef. In die verklaring van die sesde gebod (Son 40) gaan dit natuurlik om meer as net die daad van moord. Hier is moord sonder dat iemand doodgaan!
Hoeveel keer pleeg ons moord sonder dat iemand letterlik sterf?

« Older posts Newer posts »