Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Ou Testament (Page 28 of 66)

Jeremia se koopkontrak vir ’n stuk grond

Skriflesing: Jer 32
Teksvers: Jer 32:13-16

Wat hou die toekoms vir ons in, in Suid Afrika, maar veral in die kerk. Baie mense raak moedeloos. Maar as ons na die gebeure van Jeremia kyk, dan was Jeremia in ’n baie erger situasie as ons gewikkeld. God het Israel in sy gloeiende toorn uit Israel verjaag. Nogtans moes Jeremia ’n stuk grond koop.

  • God beveel Jeremia om grond te koop.
  • Daar is ’n wettige koopkontrak vir die grond.
  • Ons koopkontrak is betaal vir ons ewige grond.

God se Naam is Heilig!

Skriflesing: Jes 42:1-9 
Teksvers: Jes 42:8 
HK Sondag 36 

Hierdie gedeelte is een van die sogenaamde vier Knegliedere in die boek Jesaja nl. Jes 42:1-4; 49:1-6; 50:4-9 en 52:13-53:12. Op wie hierdie Knegliedere besonderlik wys is nie sommer net klinkklaar en duidelik nie. 

Tog word hulle dikwels aangehaal in die Nuwe Testament waar dit op Jesus Christus dui. Maar wat wel baie belangrik is, is dat God self hier aan die woord is en openbaar wie Hy is en hoe sy Naam gebruik moet word, vers 6,8. God se Naam is heilig, dit beteken dit openbaar God self aan ons. Dit is ‘n Naam wat bo elke ander naam verhewe is. God selfs sê dan in ons teksverse dat die eer wat Hom toekom gee Hy aan niemand anders nie, ook nie aan gesnede beelde nie. Maar in en deur God se naam word daar ook ‘n groot verantwoordelikheid op elkeen wat God ken en sy Naam aanroep geplaas. Dit beteken dat ons sy Naam reg moet gebruik en nie misbruik nie. 

Daar is geen ander gode nie! Of is daar?

Skriflesing: Deut 6; 1 Kor 8 (Hgl 8:6); Jesaja 40:25-31
Teksvers: Deut 6:4 (1 Kor 8:6)
HK Sondag 34 vr 94,95

Die Eerste Gebod is eintlik in wese ‘n liefdesverklaring en vra vir ‘n liefdesbetuiging as antwoord, ‘n liefdesbetuiging in woorde en dade. In lof en lewe. Daar is immers net één God. En Hy wil alleen gedien en geëer word. Afgodery is immers as jy enigiets anders naas/langs God vereer of dat jy iets anders in sy plek vertrou en aanbid (antw 95).

Die vraag is dan: As daar dan werklik net een God is, waarom moet Hy ons dan self waarsku teen sogenaam-de ander ‘gode’? Erken Hy dalk daarmee dat daar wel ander ‘gode’ of afgode bestaan?

« Older posts Newer posts »