Skriflesing: Genesis 37:1-4, 17-36 en 45:1-9, 24-28 Teksvers: Genesis 37:34-35 HK Sondag 1
Waarom laat God toe dat slegte dinge gebeur met goeie mense? Dit is sekerlik een van die moeilikste vrae om te kan beantwoord.
Waarom doen God niks as gelowige mense onreg verduur nie? Waar is God in ons swaarkry? Dalk het jy ook so ‘n vraag… Dalk is daar by jou ook die teleurstelling en hartseer van traumatiese gebeurtenisse en vrae wat onbeantwoord bly.
Ons kyk vanaand na Sondag 1 van ons belydenis oor die troos prys in Christus.
Dit is so maklik om met die mond God te vereer, maar met gedagtes, woorde en werke doen jy anders. Dit is so maklik om die regte dinge te doen, maar hoe is jou werklike gesindheid.
Dit is so maklik om jouself, die wêreld om die bos te lei, maar vir God kan jy nooit iets wegsteek nie. Daarom die ernstige waarskuwing in die Psalm om in opregtheid voor God te lewe. Dan sal daar vir jou redding wees.
Skriflesing: 2 Sam 7:1-29; 2 Sam 23:1-7; 1 Kron 17:1-27; Luk 1:30-33 Teksvers: 2 Sam 7:11b-16; 1 Kron 17:11-14
Ons dink dikwels, dat as ons nie hard werk as Christene nie, God se koninkryk maar moeilik sal voortbestaan. Ons dink dikwels dat die kerk se voortbestaan van ons dienswerk afhang.
Dawid wou vir God ‘n tempel bou, maar God woon nie in tempels wat mense maak nie. God se genade is egter so groot dat Hy ALTYD vir ons sorg en nie ons vir Hom nie. Ons dienswerk moet net in afhanklikheid, in diepe afhanklikheid en dankbaarheid geskied.
Die duiwel se metodiek is gewoonlik een van vrees. Sy misleiding kan gesien word in die wanbegrip as dit by die wet van God kom. Hy saai die leuen dat dat die wet ʼn voorwaarde vir redding is. Of as jy sondig en die wet oortree gaan jy braai… Hy werk met vrees.
Die Here werk egter heeltemal andersom. Hy werk met die liefde (en geloof en hoop). Hy gee sy wet as die liefdesgebod – die doel en die inhoud van die gebooie gaan oor liefde! Daarom is die wet nie voorwaarde vir die saligheid nie, maar wel die reël vir ons dankbaarheid, omdat die Here ons so ontsaglik liefhet.
Hy vra eintlik net in sy Tien Gebooie: My kind, gee my jou hart, gee my jou lewe!
God se geopenbaarde en verborge wil. Maandag 13 Februarie 2023 Lees: Gen 29 en 30 Kol 2v11-14
Deut 29:29 “Wat nie geopenbaar is nie, is bekend aan die Here ons God, maar wat geopenbaar is, is vir altyd bekend aan ons en ons nageslag: ons moet lewe volgens al die woorde van hierdie wet.”
Te veel kere in ons lewens, vergeet ons wat ons moet onthou en onthou ons wat ons moet vergeet.
Wat moet ons onthou? Ons moet onthou wat God in die Bybel aan ons openbaar het. Dit is God se geopenbaarde wil. In die Bybel openbaar God aan ons wat Hy wil hê dat ons van Hom moet weet en wat Hy wil hê dat ons moet doen. Dit kom ook natuurlik na vore in die verbond wat God met ons gesluit het.
Sewe maal word die woord verbond in hierdie hoofstuk, Deuternomium 29 gebruik. • ‘n Verbond is ‘n vaste ooreenkoms wat nooit deur God verbreek sal word nie. Prof Jaap Helberg verklaar die verbond as volg: “Verbond behels hier dat God in sy verkiesende genade die mens, of ’n groep mense, in ’n bepaalde verhouding met Horn stel wat nie net van momentele betekenis is nie, maar van blywende betekenis. God onderneem in die verbond sekere verantwoordelikhede teenoor die mens en bepaal ook sekere verantwoordelikhede wat die mens vrywillig teenoor Hom moet nakom.” Wat is die inhoud van die verbond? Die verbond het twee kante: Eerstens God se kant, ons noem dit die monopleuriese karakter van die verbond. Gen 17:7
God het belowe dat Hy altyd vir ons ’n God sal wees. God sal altyd vir ons sorg as sy kinders. God wat so groot en almagtig en alomteenwoordig en alwetend is, sal altyd daar wees vir sy verbondskinders. Dit openbaar God in sy Woord duidelik aan ons.
Tweedens – Die mens se verantwoordelikheid, die dupleuriese karakter van die verbond.
Dan is daar egter ook verantwoordelikhede wat ons vrywillig moet nakom. Dit beteken dat ons God moet erken en bely en liefhê. Nou is dit so dat ons dit nie uit ons eie kan doen nie. Ons is sondaars wat altyd ons eie wil doen en nie God se wil nie. Maar God se genade is juis so groot dat Hy ons so liefhet dat Hy sy Seun Jesus Christus gestuur het om in ons plek die verbond ten volle te vervul en na te kom, omdat Jesus Christus volmaak en sonder sonde is. Kol 2:13,14 13 ”Julle was dood deurdat julle gesondig het en deurdat julle sondige natuur nog nie weggeneem was nie. God het julle egter saam met Christus lewend gemaak deurdat Hy ons al ons sondes vergewe het. 14 Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem.”
Wat is die geopenbaarde en verborge wil van God dan prakties?
Uit genade is God se beloftes altyd daar en Hy sal altyd sy verbond nakom. Ons moet egter aan Hom gehoorsaam wees en opreg en eerlik ons na Hom bekeer. Al is nog sondig en onvolmaak en kry dit nie reg om altyd gehoorsaam aan God te wees nie, word ons deur die Heilige Gees gelei om God te dien. Ja ook daarin help en lei God ons. • Kom ons lees daarom elke dag die Bybel en luister na wat God van ons vra en doen biddend wat Hy vra. • Kom ons bekeer ons elke dag van ons verkeerde weë. Ons weet dat almal wat God sy kinders gemaak het, uit sy ryke genade, sal die koninkryk beërwe. Maar hulle wat niks met God te doen wil hê nie en doelbewus, uit eie keuse Hom verwerp, is self verantwoordelik vir hulle lot.
Ons wil U elke dag liefhê deur gehoorsaam te wees aan U geopenbaar wil soos wat ons dit in die Bybel lees. Kom ons bid saam Ds Gerrit Kruger: Gereformeerde Kerk Centurion: Sel 082 964 5595: gskruger1@gmail.com
Skriflesing: Gen 25:19-34; 27:1-40; Rom 9:10-13; Heb 11:20 Teksvers: Genesis 27:37b (Heb 11:20) HK Sondag 49
Om ons te laat buig in aanvaarding van sy wil, laat God ons baie keer presies die dinge beleef wat onsself regtig nie graag wil nie. Dit maak egter ons oë oop vir sy wil. Dan moet ons alte dikwels net ons eie wil versaak (opgee).
Die toekoms is immers in sy Vaderhande – as dit nie so was nie sou ons ‘n hopelose en selfs wanhopige spul mensies gewees het. Terwyl ons ons eie planne beraam, is dit dit van die uiterste belang dat ons God vra om ons te help om ons ten volle aan sy wil in oorgawe en absolute gehoorsaamheid te onderwerp.
Dis regtig nie so maklik om dit opreg en eerlik te bid nie!