Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Ou Testament (Page 24 of 69)

Die oordeel van God bevry

Skriflesing: Jona 3:1-4:11
HK Sondag 4
Teksvers: Jona 3:10; 4:1

Een van die belangrikste regsbeginsels is dat jy nooit regter kan wees in jou eie saak nie. ‘n Hele land se regstelsel kan inmekaar stort as gevolg van die misbruik van hierdie enkele reël. Uit God se Woord leer ons dat Hy Wetgewer en Regter is. Hy maak die wette en Hy beoordeel dit. Hoe is dit tog moontlik? As ons as mense God se wet oortree dan kan God nie terugdraai op sy eie Woord en die sonde ongestraf laat bly nie… Ons staan vanaand stil by die tema dat God se oordeel bevry.

Koester kinders as geskenk van God!

Skriflesing: Psalm 127; Psalm 128
Teksvers: Ps 127:3,4; Ps 128:3,4,6

Nie alle mense het die voorreg om te trou nie. Nie alle getroude pare het die voorreg om kinders van God te ontvang nie. Maar almal wat getroud is en kinders het en alle volwassenes moet God se kinders waardeer, vir hulle ’n voorbeeld wees van christen-skap, vir hulle bid, hulle bewaar en beskerm as ge-skenke van God. Onthou wat Jesus Christus self gesê het in Mat 18 ivm die kindertjies. Kinders is geskenke van God en moet opgevoed word tot eer van God.

Christus is nie ons Idol nie 

Skriflesing: Gen 5:1-5; 6:1-8; Openb 13:11-18
Teksvers: Gen 6:5-6
HK Sondag 3
Die mens wat God geskep het na sy Beeld en gelykenis is so boos en sleg dat dit God berou dat Hy die mens gemaak het. Daar was smart in God se hart. So boos en sleg het die mens geword, dat God geen
ander uitweg sien as om die aarde met al die mense daarop volkome te vernietig nie. Dieselfde mens wat so goed en reg gemaak is, het heeltemal ontaard. Hoe sal ons tog God se oordeel kan ontvlug?
Die enigste uitweg is as God ons weer ‘n nuwe mens-heid maak.

Die huwelik is deur God ingestel. 

Skriflesing: Gen 2:18-25; 1 Kor 7
Teksvers: Gen 2:18,21-24; Mat 19:4,5; Tit 1:6

Die huwelik is, buiten ons geloof, die grootste geskenk wat God aan die mens gegee het. Hierdie geskenk moet ons as uiters kosbaar, delikaat en wonderlik oppas en koester. Die huwelik is nie ‘n “gerieflikheidsreëling” nie. Die huwelik het nie uit ’n kultuur ontstaan nie. Die huwelik is deur God ingestel. God het uit die man, die vrou gemaak, “as sy gelyke”, “as wat by hom pas”. Die vrou is dus geensins minderwaardig teenoor die man nie. Die huwelik is daarom heilig, want dit is deur God ingestel. 

  • Die huwelik is ’n geskenk van God. 
  • Die huwelik moet heilig wees. 
  • Die huwelik is ʼn afbeelding van ons verhouding met God. 

Geslagtelikheid (gender) is God se keuse!

Skriflesing: Genesis 1:23-31; Matteus 19:3-10; Maleagi 2:15; 1 Korintiërs 3:18; Rom 1:21-32
Teksvers: Genesis 1:27; 2 Kor 3:18

In die sogenaamde WOKE-kultuur van ons dekade is daar die idee by sommiges dat ‘n mens jou eie geslag kan kies. Alhoewel dit in alle redelike denke as absurd sou tel, moet ons tog baie goed verstaan dat dit die gangbare taal van ons wêreld-omgewing geword het. Mans wat teen alle manlikheid in kies om ontman te word en andersom! 

Daarteenoor sê Jesus onomwonde “dit was nie van die begin af so nie”. 

Omgekeerde ‘waarhede’ is eintlik net bedekte leuens en ons moet ons (en ons kinders en nageslag) toerus om hier anders te dink as die wêreld. 

Eerlik vir liefdesappels gehuur 

Skriflesing: Genesis 30:1-26
Teksvers: Genesis 30: 14-16

Sommige mense voel hulle lewe lank verwerp en nie goed genoeg dat iemand hulle sal liefhê nie. Lea was so vrou. Jakob haar man, het 7 jaar lank gewerk vir haar pa Laban om met haar suster Ragel te trou, maar haar pa het haar, die ouer suster aan Jakob gegee. Maar dit was nie die vrou wat Jakob wou hê nie, daarom het hy nog 7 jaar gewerk vir Ragel. 

In hierdie tragiese gebeure sien ons hoe twee susters veg om liefde. Ons staan vanmore stil by die kwartaal tema van die huisgesin waar Lea so ver gaan as om haar eie man, nogal eerlik vir liefdesappels te huur. 

« Older posts Newer posts »