Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Ou Testament (Page 21 of 66)

Die lot van ons lewe is in die hande van God

Skriflesing: Ester 3:1-15 (2020-vertaling)
Teksverse: Vers 8-9

Terwyl Haman en koning Ahasveros sit en drink, is die hele stad Susan in beroering oor die ingrypende wet wat pas afgekondig is regoor die koninkryk. Hier in die derde hoofstuk van Ester vind ons die eindelose stryd tussen kerk en wêreld, tussen geloof en ongeloof, tussen lig en duisternis.

Ons staan vanmôre stil by die gebeure waar Haman die doodsklokke laat lui vir die Joodse volk en hoe God deur beproewing die harte van sy kinders op Hom rig.

In die Sprokie van ʼn Weeskind bly God getrou 

Skriflesing: Ester 2:1-23
Teksvers: Ester 2:2-7

‘n Ware sprokiesverhaal: dit is wat hier in Ester 2 gebeur. ‘n Arme weeskind, wat haar pa en ma verloor het, en ‘n oorlogsgevangene is in ‘n vreemde land, wen die mej. Wêreld skoonheidskompetisie en trou met die koning. Dit klink te goed om waar te wees. Dit is sekerlik iets waarna elke meisie moet streef… Of dalk nie! 

Ons staan vanaand stil by die sprokie van ‘n weeskind waarin God steeds getrou bly. 

Wie is jou baas? 

Skriflesing: Ester 1:1-22
Teksvers: Ester 1:22

Die boek Ester handel oor die gebeure tydens die ballingskap van Juda en die wyse waarop die HERE sy volk bewaar deur die wegvoering. Hierdie boek is bekend daarvoor dat die Naam van die HERE nêrens vermeld word nie, en tog is dit die sentrale tema. Dit is ook hier, in die ballingskap waar die grootste uitdaging die volk in die gesig staar nl. die totale uitwissing van die oorblyfsel van Juda. Op merkwaardige wyse gebruik die HERE sy kinders in die beproewing van hulle geloof om te doen wat reg is. 

Ons gaan vir die volgende 4 weke saam deur die boek Ester wandel in die Sprokie van ‘n Weeskind 

Hemel op aarde

Skriflesing: Genesis 18:16-33
Teksvers: Genesis 18:17-19
HK Sondag 5

Die paradys is verlore, die tuin van Eden is vir die mens gesluit. Die enigste manier hoe die mens ooit weer in die hemel kan kom, is om te betaal. Maar die hemel se hek-fooie is duur. Dit is so duur, dat jy dit nie kan bekostig nie. Want die prys om in die hemel te kom, moet jy betaal met jou lewe. Nou sit die mens met ‘n geweldige groot krisis. Daar is ‘n manier om die verlore paradys terug te kry, maar die prys is onmoontlik.

Ons staan vanaand stil by Abraham se gebed vir Sodom en Gomora waarin hy pleit vir God se geregtigheid om te geskied. So sien ons hoe God weer die hemelse belofte op aarde herstel.

Die oordeel van God bevry

Skriflesing: Jona 3:1-4:11
HK Sondag 4
Teksvers: Jona 3:10; 4:1

Een van die belangrikste regsbeginsels is dat jy nooit regter kan wees in jou eie saak nie. ‘n Hele land se regstelsel kan inmekaar stort as gevolg van die misbruik van hierdie enkele reël. Uit God se Woord leer ons dat Hy Wetgewer en Regter is. Hy maak die wette en Hy beoordeel dit. Hoe is dit tog moontlik? As ons as mense God se wet oortree dan kan God nie terugdraai op sy eie Woord en die sonde ongestraf laat bly nie… Ons staan vanaand stil by die tema dat God se oordeel bevry.

Koester kinders as geskenk van God!

Skriflesing: Psalm 127; Psalm 128
Teksvers: Ps 127:3,4; Ps 128:3,4,6

Nie alle mense het die voorreg om te trou nie. Nie alle getroude pare het die voorreg om kinders van God te ontvang nie. Maar almal wat getroud is en kinders het en alle volwassenes moet God se kinders waardeer, vir hulle ’n voorbeeld wees van christen-skap, vir hulle bid, hulle bewaar en beskerm as ge-skenke van God. Onthou wat Jesus Christus self gesê het in Mat 18 ivm die kindertjies. Kinders is geskenke van God en moet opgevoed word tot eer van God.

« Older posts Newer posts »