Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Ou Testament (Page 20 of 69)

Wat ‘n voorreg om lidmaat van die kerk van Christus te wees! 

Skriflesing: Psalm 84 (1983)
Teksvers: Psalm 84:11

Vandag doen ‘n klompie jongmense van ons gemeente Openbare Belydenis van hul Geloof. Na jare se kategese is hulle gereed om hulle verantwoordelikhede as belydende lidmate van die kerk van Christus uit te leef. Ons is saam met hulle en hulle ouers dankbaar dat die Here hulle in sy verbondstrou gelei en bewaar het. 

Ons hoop dat ons elkeen weer opnuut die voorreg van hierdie lidmaat-wees mag besef en aangespoor word tot nuwe toewyding uit dankbaarheid. 

Vars soos die dagbreek, mooi soos die maan en rein soos die son

Skriflesing: Hooglied 6:1-13 (2020)
Teksvers: Hooglied 6:10
HK Son 22

Soms kan ons as gelowiges so bedroef word oor die verval van die wêreld en die vernietiging van God se skepping. Ons kan so mismoedig wees oor ons toekoms en lewensvooruitsig. 

Soos die Efesiërs kan ons maklik verval om ons eerste liefde te verlaat. Ons vergeet ons belydenis-liefde, daardie tyd toe jy so opgewonde was oor jou geloof dat jy die wêreld wou verander. 

Wat beteken dit vir jou om die ewige hemelse erfenis van God te ontvang? 

Ek en my huis, ons sal die Here dien!

Skriflesing: Jos 24:1-28 (1983)
Teksvers: Jos 24:14,15,19-21

Josua roep die volk na Sigem, die plek waar God die eerste keer Kanaän aan die volk beloof het Gen 12:6-7. Josua was bekommerd dat die volk weens die heidense invloede van God afvallig sou word. Daarom preek hy en vertel van God se genadige bemoeienis met die volk in die verlede, Jos 24:2-13. Maar Josua stel ook ‘n voorbeeld en sê duidelik dat hy en sy huis die Here sal dien. Die volk verseker Josua drie keer dat hulle die Here sal dien. Maar Josua weet lippetaal is nie altyd dadetaal nie, daarom laat hy hierdie versekering van die volk met ‘n verbond bevestig.

Ons moet vandag steeds ook die Here kies. Dit moet nie lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word. Kom dit wat jy met jou mond bely en in jou hart glo in jou dade na vore? Is dit sigbaar vir mense tot ‘n getuienis?

Die vraag aan elkeen is: Kies jy en jou huis ook om die Here te dien en verwyder jy alles wat in die plek van jou keuse staan? As jy kies om die Here te dien saam met jou huisgesin het jy die regte keuse gemaak.

Hervormingsondag: ‘n Tyd om weer na te dink!

Skriflesing: Deut 8 (1983)
Teksvers: Deut 8:2

Die groot geestelike bedreiging lê nie in die Midde-Ooste of elders op die slagveld nie, maar in jou en my harte. Dáár waar die valse gerustheid insluip, daar is die aanslag (oorlog) teen die Bose op sy gevaarlikste. 

Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die bose magte van die duistenis en teen die ideologieë van die tyd. Die Here roep ons vandag op om weer na te dink oor ons posisie in hierdie stryd van die geloof. 

God leer die mens deur alledaagse gebeure om op Sy beloftes te wag 

Skriflesing: Genesis 16
Teksvers: Genesis 16:2

1. Sara versoek haar man. 

2. Hagar verset haarself. 

3. Abram verstoot God se beloftes. 

“Toe sê Sarai vir Abram: “Die Here het my nou eenmaal daarvan weerhou om kinders te kan hê. Gaan slaap by my slavin. Miskien bring sy ʼn kind in die wêreld wat my eie kan word.” 

En Abram het saamgestem met sy vrou.” 

Genesis 16:2 

« Older posts Newer posts »