Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Ou Testament (Page 19 of 69)

Die Sleutel wat oopsluit

Skriflesing: Jesaja 22:15-25; Open 3:7-13; Joh 17:1-26
Teksvers: Jes 22:22-25; Open 3:7,8; Joh 14:6; 17:17b
HK: Sondag 31

Almal ken sleutels. Sleutels wat oop en toesluit. Belangrike plekke het gewoonlik “’n sleuteldraer”, iemand wat besluit wanneer ’n deur oopgesluit en wanneer die deur toegesluit moet word. Spesiale plekke het daarom sekuriteit en goeie deure en slotte om dit te beskerm en daarom moet die sleuteldraer spesiale sorg aan die dag lê, vir wie en wanneer en hoe hy oop en toesluit. 

  • Eljakim kry die sleutel om te dra. Jes 22:20-22
  • Jesus Christus is die sleutel na die hemel. Open 3:7
  • Die Woord sluit vir ons die ewige lewe oop. Joh 17:17b 

God beskerm en seën deur die water heen…

Skrifgedeelte: Psalm 114
Teksverse: Psalm 114:3

Psalm 114 lyk op die oog af na geen besondere openbaring van die Here nie… Dit is asof daar `n paar feite meegedeel word oor die uittog uit Egipte, met die beloofde land in gedagte. In hierdie verbond van God, waarin Hy die belofte van `n land en `n nageslag stel, sien ons hoe die Here op `n besondere wyse hierdie seën, hierdie gawe aan sy volk toebedeel. Want toe Israel uit Egipte getrek het en die land Juda as heiligdom ontvang het, en Israel as erfenis, het die Rooisee dit gesien en gevlug, en die Jordaan rivier het agteruit gewyk.

In hierdie klaarblyklike eenvoudige versie, beskryf dit twee watermassas wat as getuienis dien van God se werke. Aan die een kant die Rooi see, en aan die ander kant die Jordaan rivier. En tussenin hierdie twee, lê daar 40 jaar se woestynlewe.

Nuwe vaarwaters in 2024!

Skriflesing: Josua 3
Teks:  Josua 3:3-4

Om oor die Jordaan te gaan verander die hele bedeling. In hierdie nuwe jaar 2024 kry jy die kans om in hele nuwe bedeling met jou Here te lewe

« Older posts Newer posts »