Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Ou Testament (Page 15 of 69)

Die nuwe lewe in Christus: (4) Die Lewe is Aanbidding

Skriflesing: Numeri 6:1-27 (2020)
Teksvers: Numeri 6:2-4

Sommige mense reken om te lewe is om alles te doen en alles te besit wat jou hart begeer. Op die oog af lyk dit begeerlik en op die oor klink dit reg, maar in die hart bly dit leeg. Indien jy egter nie van beter weet nie, sal dit nie ‘n slegte ambisie wees nie. 

Die Here se Woord leer ons egter dat die lewe baie meer is as wat ons besit. Dit gaan oor wie ons is. Dit is makliker gesê as om te doen. Om so te leef dat jou hele lewe aanbidding is. 

Daarvoor het die Here ‘n uitsonderlike gelofte toegelaat, die van Nasireërskap. ‘n Vrywillige toewyding aan die Here as voorbeeld van ‘n lewe van aanbidding. 

Elke môre Nuut

Skriflesing: Klaagliedere 3:1-33 (2020) 
Teksvers: Klaagliedere 3:21-23 

Daar is daaglikse aanvegtinge wat ons gedurig moet oorkom. Soos Jeremia kan ons soms geweldig moedeloos en uitgeput raak, en opgee in die lewe. 

As ons op eie kragte moet steun, sal ons maklik verval in totale mislukking, soos Jesaja vermeld, selfs jong manne struikel en val in hulle fleur. Ons vertroue moet egter nie in onsself wees nie, maar in ons Maker. Daarin vind Jeremia hoop. Nie in sy eie behoud nie, maar in God se getrouheid. Dit is elke môre nuut! 

Geloofsdissipline van die nuwe mens       in Christus (1): Tyd om die Here te ken

Skriflesing: Eksodus 33:11-17; Joh 17:1-2; Matteus 25:1-13 (1983)
Teksvers: Eksodus 33:12,13,17

In die laaste kwartaal van hierdie jaar, onder die hooftema – Die Nuwe Mens – gee ons nou aandag daaraan hoe ons godsdienstige lewe moet wees vir gesonde groei en geloofsvolharding. 

Vandag dink ons na oor die belang van stil-wees of stil-raak om die teenwoordigheid van die Here te soek. 

In die dolle gejaag van die alledaagse lewe het ons dikwels nie tyd vir stil-sit of stil-raak nie. Dalk kort ons ook hier so bietjie vernuwing of bekering. 

Deur God se genade het gelowiges ware rykdom om te gee

Skriflesing: 1 Petrus 1:1-12; Gen 46:26-47:12 (2020) 
Teksvers: Gen. 47:7, 10 

Was die ontmoeting tussen Farao en Jakob ‘n onbenullige gebeure? 

Gelowiges lyk dikwels so waardeloos. 

Hoe waardeloos lyk Jakob nie? Let egter op die seën wat Jakob uitspreek. 

Juis in hom wat die seën uitspreek, skitter God se genade. 

Hy, die “seëndief“, spreek die seën uit en helder skitter God se genade! 

God se genade lei tot meer rykdom om uit te deel. 

Die “seëndief” het nie ‘n “seëndief” gebly nie. God het hom verander! 

Wees Heilig!

Skriflesing: Levitikus 19:1-18 (2020)
Teksvers: Levitikus 19:2

Wees heilig! Hierdie opdrag word reeds aan die volk Israel gegee by die berg Sinai in die woestyn waar die HERE self vir Hom hierdie volk afsonder. Hierdie volk moenie soos die ander volke wees nie. 

Die HERE is nie soos ander gode nie, en daarom mag sy volk ook nie soos ander volke wees nie. Omdat die HERE heilig is, daarom moet elkeen wat aan Hom behoort ook heilig wees. 

Ons staan vanaand stil in die heilsorde by die wyse waarop ons self afgesonder word tot heil. 

« Older posts Newer posts »