Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Ou Testament (Page 16 of 69)

Regverdiglik Vrygespreek

Skriflesing: Jona 3:10-4:11; Romeine 3:1-31 (2020)
Teksvers: Jona 4:1-3; Romeine 3: 23-24

Ons het gesien die werk van God in ons verlossing is nie net uitsonderlik nie, maar ook uiters noodsaaklik. Hy is die Een wat ons roep, wat deur die Heilige Gees die geloof in ons wek tot ‘n nuwe lewe deur wedergeboorte. Daarby moet ons deur geloof vasgryp aan God se genade en ons hartgrondig bekeer. Deur geloof, word ons vrygespreek. 

Ons kyk vanaand na die betekenis van vryspraak, of regverdiging van die sonde in die lewe van Jona en die groot stad Nineve en die wyse waarop ons deel kry aan die geregtigheid van God. 

Die Almagtige is in beheer!

Skriflesing: Esegiël 1:1‑2:3 (1983)
Teksvers: Esegiël 1:28

In Israel dreig daar nou ‘n volskaalse oorlog. Na Hamas in Gaza is dit nou moontlik ‘n geveg met Hezbollah in die Noorde en daarby die aanslag van Iran en sy vennote. 

Nie net in die Midde-Ooste nie maar elders in die wêreld dreig grootskaalse oorloë wat mense en lande in gevaar stel. Dit lyk alweer asof die mens kop verloor het. 

In ‘n soortgelyke wêreld in die tyd van Esegiël kom die Here en verskyn Hy is sy misterieuse heerlikheid sodat ten minste die profeet met sekerheid weet dat God in beheer is en dit so aan sy volk kan oordra. 

Dit moet ons ook troos in ‘n tyd van geestelike verval en politieke wanorde. 

Ware INTEGRITEIT van die nuwe mens in Christus

Skriflesing: Genesis 39
Teks: Genesis 39:8-12

Skets: Laasweek het ons gesien dat Saul nie ‘n ware diepe hartsvernuwing ondergaan het en by God en sy Woord getrou gebly het nie. Vandag kyk ons na ‘n meer positiewe figuur wat deur die moeilikste teenslae en versoekings aan God getrou bly en dan geseën word.

In die lig van die jongste kerkraadsbesluit dat ons die huwelik as van God moet eer en nie daarmee woer-woer speel asof ons die reëls of beginsels bepaal nie, kom ons by Josef se integriteit daar in die vreemde, in die buiteland, Egipte. Daar waar niemand rêrig weet of sien nie, daar behou hy sy beginsels en eer hy God met ware integriteit en vaste norme en beginsels, gebou op die Woord van God wat in hom leef.

Gereed en bereid tot verandering?

Skriflesing: 1 Samuel 10
Teksverse: 1 Samuel 10:6

In die konteks van vanjaar se tema “Die nuwe lewe in Christus” sal ons ‘n oomblik kyk na die veranderde Saul soos God hom voorberei het vir die koningskap in Israel. Kyk na die betekenis van die drie tekens wat sy roeping en salwing deur die Gees vergesél het.
Miskien moet ons gewoond raak aan die veranderinge wat God in ons lewens wil bewerkstellig, sodat ons meer en meer die veranderde mens kan word wat Hy ons bedoel het om te wees.
Is jy gereed om te verander en is jy bereid om die roeping te aanvaar om die ware Christen te wees wat God vir jou en my in gedagte het. Hou aan bid vir die kragtige ingryping van die Heilige Gees om ‘n ander persoon te word in die werklike sin wat God wil.

Is ek ‘n see of ‘n walvis?

Skriflesing: Job 7:1-21 (2020) 
Teksvers: Job 7:12 

Ons almal is goed bekend met die persoon van Job. Die man wat alles verloor het omdat hy die Here getrou gedien het. 

Ons onthou ook vir Job as die persoon wat so swaar gely het en tog getrou gebly het en nooit God gevloek het nie. 

Vanoggend wil ons stilstaan by ‘n besondere vreemde vraag wat Job aan God vra: 

Is ek ‘n see of ‘n walvis? 

Vrede van God wanneer jy, gestroop vanjou steunpilare, weerloos is

Skriflesing: Psalm 3 (2020)
Teksvers: Psalm 3: 4

Weerloos, gestroop van jou steunpilare

Ons besef nie altyd hoe wankelrig die pilare is waarop ons in hierdie lewe steun nie.

Dawid het hierdie intuimeling van sy steunpilare intens beleef. Sy eie seun het die harte van mense gewen en ‘n opstand teen Dawid gelei. Dawid moes uit die stad vlug.

Om gestroop en weerloos steeds te sien

As gelowige sien ek:

  • die Here as my skild
  • die Here as my heerlikheid
  • die Here as die Een wat my hoof optel!
« Older posts Newer posts »