Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Ou Testament (Page 10 of 69)

Sien jy dit: God se genade is oorvloedig

Skriflesing: Ps 46; Jes 8; Esegiël 47; Openb 22 (1983)
Teksvers: Eseg 47:6

By die Nagmaal kon jy verlede week in verwondering wees oor die teenwoordigheid van Christus en die heerlike gemeenskap met Hom en al sy gawes. Ons teks vra ons eintlik of ons die tyd gemaak het om ons te verwonder oor sy genade. 

Ons kan tog so besig raak met allerlei dinge, dat ons die wonderlike genade van God nie net miskyk nie maar dalk ook misloop. Die psalmdigter én die die profete roep ons eintlik tot stilstand, sodat ons die werklike waarde van die veelvuldige genade van God in ons lewens kan besef. 

My vraag vandag aan u in die Naam van die Here is ook… sien jy dit mens, sien jy dit raak? 

Bly die Here dien, al het jy verkeerde besluite geneem

Skriflesing: 1 Samuel 12 (2020)
Teksvers: 1 Samuel 12:20 en 21

As jy iets wou hê of iets wou doen, wat jy voor jou siel weet, verkeerd is en in stryd is met die Here se wil? 

Die Israeliete wou graag soos die omliggende volke graag ook ‘n menslike koning hê, terwyl hulle die beste Koning van alle konings het. Hulle weet dit is teen die Here se wil, maar tog soek hulle ‘n koning wat meer sigbaar vir hulle sal wees. Wanneer Samuel met hulle praat en sê dat die Here aan hulle versoek sal voldoen, al is dit verkeerd in sy oë, en dan waarsku Samuel die koning en die volk om die Here te bly dien, anders sal die Here hulle straf. 

Die gevolge van verkeerde en sondige besluite, besluite wat teen die wil van die Here, deur die Here toegelaat is, sal na gekyk word. Wat doen mense as hulle verkeerde besluite geneem het en wat die Here doen as ons verkeerde besluite geneem het? 

Die sg. ‘vrye wil’ van die mens

Skriflesing: Genesis 2:4-17; Galasiërs 5:13-26 (1983)
Teksvers: Gen 2:16,17

Ons hoor die mense praat, en veral die media, van die ‘vrye wil’ van die mens. In ons verstaan van sonde en vloek is dit egter vreemde taal, aangesien die mens immers sy vryheid deur sondeval verloor het. 

Hoe moet ons dus oor die sonde en die vrye wil van die mens dink? 

Onthou: valse vryheid kan lei tot losbandigheid. Ware vryheid is nie gelyk aan geen reëls of geen regulasies nie. Dit is eerder die idee van die libertyne en lei tot valse vryheid. Dit is wetteloosheid en verval. 

Ware vryheid is alleen in Christus te vinde. 

« Older posts Newer posts »