Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Ou Testament (Page 9 of 69)

DROOMVERLORE

(Last updated on November 17th, 2025)

Skriflesing: Genesis 37:1-36 (2020)
Teksvers: Genesis 37: 26-27

Soms het ons as kinders groot drome vir die toekoms. Ons het aspirasies om die lewe self te oorwin! Maar nie almal deel altyd in ons drome nie. Soms kan ons drome ook ons ondergang beteken, omdat ons ten alle koste ons drome wil verwesenlik. Josef het nie groot drome gehad oor sy toekoms nie, inteendeel, God het deur drome aan hom gewys wat die toekoms vir hom sou inhou. Inderdaad groot dinge. Ons kyk wat word van die dromer as sy broers hulle sin kry, en hom verkoop as slaaf. Is Josef werklik droomverlore? 

Die Here bewaar jou oppad 

Skriflesing: Psalm 121 (1983)
Teksvers: Psalm 121:8

Ons het verlede week geleer dat ons bestemming veilig is. Wat ‘n heerlike uitsig op ewige herstel (Jes 35). Ons weet dat Jesus ook saam met ons op hierdie reis is! Ons weet nou ook dat Hy die pad voor ons uitgeloop het, die pad/weg na die kruis, waarvoor Johannes die Doper die wegbereider was (Mat 14). 

Psalm 121 leer ons vanaand dat die Here ons op hierdie pad bewaar. Selfs al gaan ons pad deur die dood heen is Hy steeds daar met sy bewarende regterhand. Ook hiervan is die Nagmaalviering van volgende Sondag ‘n bewys en versekering. 

Die Basuin van Bevryding

Skriflesing: Levitikus 25:8-10; Numeri 10:1-10 (2020)
Teksvers: Levitikus 25:9-10

Daar is ‘n geluid in Israel wat enige slaaf se hart laat bokspring. Dit is ‘n klank wat enige skuldenaar die kettings hoor breek, wat swaar belaste mense se skuld bevry, wat trane in vreugde verander. 

Dit is die geluid van die basuin met die aanbreek van die Jubeljaar. As die basuin geblaas word, is dit die aankondiging van die begin van ‘n nuwe tyd. 

Deur die Skrif hoor ons gedurig van die blaas van trompette en basuine. Ons wil vandag in besonder ons aandag bepaal by die betekenis van die geluid van die basuin van bevryding. 

Daar is ‘n pad na die hemel

Skriflesing: Jesaja 35:1-10 (2020)
Teksvers: Jesaja 35:8-10

Die bedoeling van die Jubeljaar is om herstel te bring. Die mens word so maklik oorrompel en oorweldig deur die sonde en die vernietigende effek daarvan, dat ons so maklik vergeet waarvoor ons geskep is: om God te eer en vreugde in Hom te ervaar. 

Maar weet u, daar is ‘n weg, daar is ‘n pad uit hierdie woestynland van die sonde na die beloofde ewige heerlikheid. Dit is ‘n pad na die hemel.

CHRISTUS SAAI IN TRANE ONS OES IN VREUGDE

Skriflesing: Psalm 126; Johannes 14:1-4 (1983)
Teksvers: Ps 126:5,6

‘n Saaier saai. Hierdie saaier werk in die woestynland. Dis dor en droog, die Suidland, woestynland. 

So het Jesus gesaai op die aarde wat dor en droog was weens die sonde. So was sy trane die van geweldige lyde onder die toorn en oordeel en vloek van God, maar met die vrugbare reëns wat in die wintertyd val, lewer die betraande saad weer ‘n ryke oes wat vreugde en blydskap bring. 

Is Jesus se trane ook ‘n rede tot vreugde vir jou? Hy het immers ook vir u gely! 

Helderheid oor God se plan vir my lewe

Skriflesing: Eksodus 19:1-11 (2020)
Teksvers: Eksodus 19:4

1. Insig in die beslissende oorwinning 

Israel het self die saakmakende oorwinning oor Egipte gesien. Israel is nie meer slawe nie. Ken jy jou vryheid volgens God se plan, gelowige? 

2. Helderheid oor versorging 

Israel ontvang ‘n goddelike perspektief op die pad vol worstelinge deur die woestyn. Ken ek hierdie goddelike perspektief? 

3. Duidelikheid oor die sentrum van God se plan 

Die kern van God se plan vir Israel was nie die verlossing uit die mag van Egipte nie. Hy het hulle na Homself gebring. Het ek helderheid oor die kern van God se plan vir my? 

« Older posts Newer posts »